Saterdag, Oktober 12, 2013

The Sopranos

Ek sit en wonder wat om te maak van die 86 ure van my lewe waarin ek die Sopranos sit en kyk het.

Nou dat dit verby is, is dit moontlik om vir eers te dink aan wat NIE gebeur net nie.

Die Sopranos was op Televisie vir 9 jaar - van 1999 to 2007, versprei oor 6 seisoene.

Die Soprano kinders - AJ & Meadow - begin as skoolkinders en eindig as grootmense. Anders as wat mens sou verwag was daar vir hulle geen "coming of age" nie. Nie een van die twee het 'n tough guy geword, die Mafia ge-join of reject nie. Hulle bly maar net sukkelende jong mense.

Die storie gebruik die situasie van diknek Tony Soprano, die New Jersey Mafia Boss, wat na 'n psigiater gaan om van sy paniekaanvalle ontslae te raak. Sy sessies duur - aan en af - tot heel aan die einde van die show. Hy kerm deurentyd aan Dr Jennifer Melfi (Lorraine Bracco), dat dit alles 'n "jerkoff" is, maar kom elkgeval elke keer terug vir meer.

Die eerste deel van die Sopranos word oorheers deur die haatlike verhouding tussen Tony en sy ma. Wie weet wat van die reeks sou geword het as die aktrise Nancy Marchand nie in die 3de seisoen gesterf het nie. In sy terapie sessies praat hulle tot die dood toe oor sy ma-issues.

En tog kom daar geen katarsis uit die terapie nie. Sy laaste besoek eindig met die Dokter wat hom uitskop. Sy het tot die slotsom gekom dat sy vir hom 'n "enabler" geword het - psigopate gebruik terapie as 'n manier om die nabootsing van empatie "aan te leer" - en hulle con-artist skills op mense te slyp.

Nerens in die 86 episodes van die Sopranos word "ware liefde" ontdek nie, Daar is geen enkele verhouding van waarde wat vorm nie (hoe tydelik ook al). Waarskynlik die mees komplekse karakter is Tony se suster Janice (Aida Turtorro), wat verskeie kere verloof is en trou. Haar laaste woorde in die laaste episode, op haar man se begrafnis, aan Tony, is "I cannot eat cake, I need to start dieting to catch my next husband".

Geen "coming of age", geen self-insig, geen liefde.

Ook geen prestasie nie - niks besonder word vermag nie. Die mob lyk soos 'n helse lot werk en baie risiko vir nie te veel nie.

Tony se nefie Christopher droom van 'n lewe in movies. Hy kry dit uiteindelik reg om met die finansiele hulp van Tony en ander 'n horror fliek te maak- "Cleaver". Maar "Cleaver" kom en gaan en verdwyn stadig in die verlede. In die hospitaal, na Christopher se lykskouing, kry die familie 'n pakkie met sy persoonlike items, sy klere en 'n pet wat hy gedra het met die "Cleaver" logo.

Carmela Soprano, Tony se vrou, neem hom terug na 'n brutale nuweliksopbreking, op voorwaarde dat hy haar besigheid finansier. Maar haar besigheid sukkel en sy praat nie verder daaroor nie. Hulle verval maar weer in die ou patroon.

Ironies genoeg, vir 'n storie van hierdie aard, gaan dit ook nie om wraak en vergelding nie. Tony se Oom "Junior" probeer twee keer in die reeks om hom te vermoor, een waarna hy in kritiese toestand in die hospitaal is. Tog weier hy om teen sy oom op te tree.

Ook geen grappies en wisecracks nie. Geen cool dialoog nie.

Dis 'n soort anti-storie wereld.

Die ou Griekse tragedie skrywers het besef dat groot drama met enkele sinne geskep kan word, as dit reg gekies word.

Die Sopranos kry dit reg, episode na episode, om binne die raamwerk van hierdie gestolde, pitiless wereld groot oomblikke te skep.

Dr Melfi, Soprano se psigiater word verkrag. Sy luister na Tony se gesanik maar vertel nooit vir hom wat met haar gebeur het nie. Wanneer haar aanvaller losgelaat word, oorweeg sy om Soprano te vra vir wraak. Hy kan sien sy het iets op die hart, en vra haar "Do you have something you want to say?". Sy oorweeg en antwoord "No".

Daar is 'n oomblik waar Tony sy ma herinner dat sy sy pa se droom (om na Vegas te trek) laat sterf het deur te dreig om haar kinders in die bed te versmoor. Sy kan glad nie so iets onthou nie. Waarna hy sê "You know ma, you were the real gangster. Not me and dad."

Daar is 'n episode waar een van Tony se manne vir hom 'n som geld aanbied as hy hom sou toelaat om na Florida te trek met sy gesin en af te tree. Tony sê hy sal dit oorweeg maar dink nooit weer daaroor nie. 'n Tussenganger sê later vir die man dat dit onmoontlik is. Daar is geen "aftrede" uit hierdie wereld nie.

Die arme man het nie die moed om vir sy vrou te vertel nie. Hy hang homself, met 'n seeskulp wat hy in sy vuis vasklou. Hy weet dat sy gesin na sy dood sal mag trek na Florida.

Vir baie lank probeer Tony om sy psigiater te verlei. Sy weier altyd en wanneer hy vra waarom sy nie wil nie - wat is fout met hom - sê sy eenvoudig "In this room I do not judge you. If we were to date, that would end. I would judge you." Dis die einde daarvan.

Die beroemde laaste toneel van die Sopranos
Daar was baie spekulasie oor hoe die Sopranos reeks sou eindig. Of Tony sou sterf. Dit eindig met Tony, Carmela en die twee kinders wat een na die ander by dieselfde Diner opdaag. En dan skielik, in die middel van alles - cut to black. En die titels.

Die Sopranos het onvoorspelbaar gebly tot die laaste oomblik, en eindig sonder 'n einde.

Die Sopranos gaan oor die water wat van die eend se rug af rol.

Daar is 'n toneel in die fliek, The Godfather, Part 3, waar Michael Corleone (Al Pacino) die Kardinaal in die Vatikaan besoek. Terwyl hulle praat, steek die Kardinaal sy hand in 'n fontein en haal 'n klip uit

Look at this stone. lt has been in the water for a very long time, but the water has not penetrated it. Perfectly dry. The same thing has happened to men in Europe. For centuries they have been surrounded by Christianity, but Christ has not penetrated. Christ doesn't live within them.