Sondag, September 22, 2013

Kry my by die gewone plek aguur

Loftus Marais het onlangs 'n bundel gedigte gedoen met die naam "Kry my by die gewone plek aguur".

Dit het 'n sub-titel - Kaapstadse gedigte - maar dit gaan is nie eintlik oor Kaapstad nie, al feature daar 'n menigde Kaapstadse landmerke in.

Dit gaan oor "die stad". Die woord "stad" verskyn dwarsdeur- van voor tot agter. Maar die stad waarvan hy praat is nie sy inwoners nie, dis die produk van hulle doen en late.

Daar's min oor die mense en baie oor monumente, roltrappe, hysbakke, geboue, kragpale, die hawe en die lughawe (aanskou die tempel van die heen en weer).

Daar is 'n massa metafore in baie gedigte oor "die stad", "sy stad", "my stad". Soms pragtig en baie effektief

vir boerseuns bestaan die stad uit iets
soos die eensaam skaamte van mans in hotelle se voorportale
...
my stad het sy geheime, geskenke, soos
die eerste reuk van reen op teer
soos lipstiffie aan 'n bekerrand
...
min sterre, maar die wat blink is ernstig oor blink
...
jou stad en haar karre, haar see, haar stemme
is altyd teenwoordig
as 'n was-pas-hede...

daar is 'n beskrywing van 'n Oop en gestroopte erf

die gaping is 'n ontspanning, omring deur laswerk

- en so gaan dit aan. En tog, terselfdertyd, is daar geen trots-in en liefde-vir alles wat hy beskryf nie. Daar is ook geen vrees of oordeel nie.

Net 'n eindelose versameling allerdaagse grense, sy middelklas metafore van bewoning.

Uitendelik voel die fetish met lewelose dinge meer en meer soos die vermyding van 'n onderwerp - mense, verbintenis, emosie en inspirasie.

Aan die einde van die dag kan monumente, roltrappe, hysbakke, geboue en kragpale nie aanstoot neem of terug-stry nie. Dis veilige grond.

Wanneer hy wel oor mense skryf (hoe anoniem ook al) is 'n paar uitstekende gedigte en beelde

17:15

dringend bedrewe die uittrek
die klik van 'n bril op die bedkassie
en na die tyd, kaal, teenaan
mekaar, bekyk ek toe dit:
sy afgehaalde horlosie se afdruk
wat nog liggies om sy pols sit

01:58

ons twee se verskillende stiltes
in karritte, met die dra van winkelsakke

en bo jou, digitaal en rooi, die wekker
en hoe alle getalle in 'n agt kan sit

'n Obese paartjie in die see by Clifton - daar's gesag in daai lag wat pas by die drillende vleis.

Great.

Die titel kom na aanleiding van 'n lang geskinder oor die telefoon oor 'n rykmanspartytjie - goeie smaak, al daai dinge - 'n gevleg van skinder en bieg en beskrywing

En dan sê die man aan die anderkant skielik

"agfokkitals, kry my by die gewone plek aguur?"

Donderdag, September 05, 2013

'n Saak van Geloof

'n Paar jaar terug is daar 'n klein Afrikaanse fliek in Prins Albert gemaak met die naam 'n Saak van Geloof. Dit het terrible reviews gekry en vinnig verdwyn.

My vrou, wetend dat ek 'n groot Robbie Wessels fan is, het dit een aand vir ons op DVD uitgeneem.

Daar is 'n sekere soort fliek wat great is ten spyte van alles: regie, spel, inkleding en draaiboek. Great (en herois) omdat dit 'n great storie het om te vertel en verbete is om dit te doen, maak nie saak hoe gebrekkig die middele, die geld of talent is nie.

Ek het hoendervleis gekry aan die einde en dit het my altyd bygebly. Vandag dink ek terug daaraan as - nie die beste nie - maar die interessantste Afrikaanse fliek van die 2000s.

Dit gaan oor 'n skooldogter - Mariekie - wat swanger word en sweer dat dit "immaculate conception" is, ten spyte van oorweldigende ongeloof deur almal op die dorp. Haar saak vererger hopeloos nadat 'n skool onderwyser kort daarna selfmoord pleeg.

Tog hou sy voet-by-stuk met haar verduideliking - dit is die Heilige Gees se kind.

Die lewe gaan aan en die baba word gebore - maar die plaaslike dominee waarsku haar dat sy nie die kind mag doop in die Kerk as sy nie bereid is om haar storie te verander nie.

Sy bly verbete en soek kerk na kerk om te kyk of iemand die kind sal doop - maar die weduwee van die oorlede onderwyser - Sanna - is haar groot teenstander en bederf elke keer haar saak deur 'n teen-pleidooi te lewer.

En dan eendag nog 'n katastrofe. Dieselfde weduwee Sanna het 'n tiener seun wat met aggresiewe kanker gediagnoseer word.

Met niemand wat kan help nie, begin Sanna wonder: sê nou maar dit is waar, dat 'n wonderwerk besig is om te gebeur, dat haar man onskuldig was, dat die Heilige Seun onder almal se neuse in die dorpie is en miskien haar kan help?

Soos 'n Joan-of-Arc-van-ouds verander Mariekie hoe almal - haar ouers, die dominee, die gemeenskap - na haar kyk, bloot deur die absolute onwrikbaarheid van haar geloof in haarself.

Mariekie kry uiteindelik 'n charismatiese predikant wat bereid is om haar baba te doop, in die middel van 'n rivier saam met sy groep histeriese volgelinge.

Hierdie keer kyk Sanna en haar siek seun in stilte van die rivier se wal, maar probeer nie om enige iets te stop nie.

En dan, tot almal se afgryse - in die middel van die water-doop seremonie - gly die baba uit Marietjie se hande, val in die rivier en verdrink tussen almal se bene, voordat enige iemand hom kan red.

In die laaste toneel staan die twee vrouens saam by die baba se graf.

En dan sê Mariekie uiteindelik: Ja, dit was jou man se kind.

En hulle omhels mekaar.