Saterdag, November 15, 2014

Komas uit 'n bamboesstok

In die laat 70s het DJ Opperman siek geword en in 'n koma gesink en geweldig versleg - the sickness unto death.

Maar hy het 'n wonderbaarlike herstel gemaak. Sy vrou Marie het hom in die huis versorg en hy was uiteindelik sterk genoeg om een laaste bundel die lig te laat sien - Komas uit 'n bamboesstok - sy eerste nuwe werk in 'n dekade.

Na Komas het hy weer in 'n koma teruggesak - 'n baie langer koma waaruit hy nooit sou waak nie. Dit was sy laaste werk - in sekere opsigte voel dit ontdenkbaar dat dit anders kon wees.

Maar die "helder tyd" wat Opperman tussen sy siektes gehad het het hom 'n unieke ervaring gegee: hy kon vir 'n tweede keer mensword en hy kon sien wat die betekenis van sy "eerste lewe" vir mense was.

Soos 'n man wat sy begrafnis kon bywoon, het Opperman die voorbereide doodsberigte van Naspers (Schalk Pienaar) en die SAUK (Ernst van Heerden) gelees.

Dit was ook 'n kans om te dink oor die liefde wat hy ontvang het en die mense wat hom versorg het - veral sy vrou.

Die bundel self het 'n onmiddelike klassiek van Afrikaanse letterkunde geword en verskeie frases het beroemd word, soos kryglustig Renaissance in Afrikaans, sy woorde op die laaste bladsy.

Maar vir Opperman was daar 'n groot reis om van te vertel, en die bundel gebruik die idee van Marco Polo wat in 'n Genoaanse tronk stories van verre reise na onbekende werelde vertel: China, Japan, Indie en Rusland.

Stories waarmee die verbeelding van Europa aan die brand gesteek is en 'n nuwe era van ontdekking begin het.

Hy sien homself aan die hof van Kublai Khan, 'n reisiger wat duisende myle ver gekom het en wat iets kosbaars van hierdie wonderwereld wil vang om terug te neem huistoe.

Ons vra skies! askies!
en vat ons bamboesstokkies
(met die papies reeds daarin)
en buig tot siens! tot siens!
en stap en stap al vinniger
met ons kierang-kierang kierietjies.

Maar waar is huistoe? Thibaultstraat 3? Of terug na die donkterte, die dood wat weer wag voor?

Met die lees van die bundel vandag voel dit meer vir my soos 'n man wat sy lewensherinneringe in 'n bamboesstok wegsteek om saam met hom te dra na die einde toe, die dood wat weer wag.

Die gedigte wat my die diepste raak is oomblikke van eenvoudige weergee

Roudiens, Gansbaai

Daar is eerskomende Donderdag
om vyfuur 'n roudiens
ter herinnering aan
die heer Dirk van Dyk
van Duynefontein.

U sal nog onthou
soos Piet Suppose
verby Black Bess gewaar het:
hy het 'n paar maande gelede
by Kruismansbaai
met die afsny van rooi-aas
tussen die bamboes verdwyn.

Die hof op Hermanus
het hom Maandag
as vermis
of in alle waarskynlikheid
verdrink verklaar
aangesien
niemand 'n lyk kon aandien.

sy vrou en drie dogters verkies:
asseblief
geen kransies
aangesien
dit immers geen begrafnis is
maar 'n roudiens-aan-see.

Koop eerder, vra hulle,
ten bate van die ACW,
Twintig Afrikaanse volksliedjies
Vesta Oelofsen se plaat
Die vrolike Vinkies

Daar is pragtige gedigte van kinder herinnering. Die gedig Reisende Dorpe beskryf die koms van 'n sirkus na die dorp, en dan 'n seun wat stilweg daardeur inspireer word

Rol in: oor 'n duisend heuwels,
die son se koperskal, die vingertoppe
op die proppe van die koperbeuels
Pagel se blaasorkes, rooi uniforms,
geel hokke met die bruutdamp van leeus,
die traliekring van draaiende Bengaalse tiere,
die herkouende kamele
...Laatnag skreeu katrolle
weg en trokke al bewys van olifante
in die more is ammoniak uit enorme drolle.

Rol in: kruiwaens en kinderwaentjies,
mombakkies, n mekaar rondstotery
'n orkes van blikke en potdeksels,
'n staan op hande, loop oor pale
almal kan teen betaling sien:
hoenders, katte, duiwe, honde
agter sakbedekte kiste
van kers en paraffien.

Dan weer tolle, ghoene, sywurms
maar een outjie kom
met swyg musiek,
'n eenmansvertoning
aan 'n een-een-publiek:
in 'n vuur houtdosie
agter spelde tralies:
'n swart-bont kriek.

Ek wonder (en ek dink Dirk Opperman ook) wat sy vrou Marie van alles gedink het. Hy is ongetwyfeld bewus daarvan dat hy self die skuld vir sy komas moes dra - deur drank en selfbeskadiging. En tog, soos Penelope getrou gewag het vir Odysseus, so het sy gewag vir sy herstel.

Diederik Johannes Opperman
        |      |      |
kabels, drade, naalde, strale
        |      |      |
hart, skedel, niere, lewer, longe
        |      |      |
oë, ore, neus, blaas, sternum
        |      |      |
wysernaalde, grafieke, plate, distillate
           |      |
kenner elk op sy gebied
           |      |
kenner der kenners
               |
Hy sterf

Mevrou, u vra:
'n daaglikse skoonkry
van die maag.
Gee u te kenne
dat die verpleegsters
hulle plig versuim?

Ek laat nie
met my verpleegsters lol
u het 'n twintig jaar
u plig versuim
deur hom nie los te kry
van alkohol.

U vra
dat ek die inname
van proteine kontroleer.
U sê
hy moet meer
vitamines en vloeistof kry.

Ag, wil u
vir my my werk kom leer?

Vat hom dan hier weg
en kyk of jy en jou dokter
hom kan genees

En dis wat sy gedoen het. Tot sy eer bring Opperman hulde aan sy vrou en dogters in 'n paar skitterende gedigte.

Aanraaklied

In die vroeë uur
van konstabels en verpleegsters
was sy hom
in die groot
ommeeude skuur
skoon van rioolwaters van die see,
was die klonte uit
sy klapperhare,
uit sy boude, was die teruggetrokke spits
rol haar herbore man
op surfwit lakens om
en salf liggies oor die vyf
bedsere van die tier.
spons die voorkop skoon, raak
die oë, voel die leeukop prys
die Heer en herdoop
sy lyf onder pop-singende
traansuster van de goede hoop

Daar is 'n hele paar gedigte oor die ironiese verloop van dood - Schalk Pienaar het Opperman se doodsberig geskryf maar is self eerste dood.

In ander gedigte praat Opperman half wrang / half angstig oor sy plek in die ou Afrikaanse establishment, as rymer van die Republiek.

Maar dit is nog hier nog daar.

Niks bly so roerend soos die eenvoudige liefde waarmee Oppperman (lucky man) versorg is nie - tot die einde.

Penelope prewel in sy oor

Ek het die huis laat opknap.
die buurseuns skeer die kweek.
ek het in elkeen van jou boeke
die ex-libris geplak.

Niemand werk as die ander slaap,
niemand slaap as die ander werk,
niemand vra in sy bed ontbyt,
lees versreëls van die nanag voor,
niemand drink van twaalfuur dop,
eet alleen, en sluimer in
terwyl ek
uit ons jeug skryf oor die inboorlinge
en die Sprokies vertaal van Hans Andersen.

Ek dink Opperman was bewus daarvan dat hy sy "tweede lewe" aan liefde te danke gehad het - liefde en geduld en vergifnis.

Die laaste gedig is Tweede Huwelik - tweede huwelik vir die voltrekking van sy tweede lewe.

Na jou wat nie vergeet
het, kom ek wat jou verlaat
het, kom na al die jare,
moeg met die bamboesstok
uit stupors.
uit kokonne van my reise,
uit komas in die gloed van oker,
uit die heen-en-weer ryg van geel gare,
van grys wurms wat gevreet
het, aan verskeie moerbeiblare,
kom na jou, Lief, met hierdie koker.

Donderdag, November 13, 2014

Die brief van die Zaporozhe Kosakke aan die Turkse Sultan


Daar is 'n legende dat die Turkse Sultan Mehmed IV in 1676, na jare se gesukkel om die Kosakke te onderwerp, 'n ultimatum aan hulle gestuur het "om hul land aan hom te onderwerp en hom nie verder te pla nie".

Die Kosakke het hul beste woordsmitte bymekaargemaak om 'n gepaste antwoord te skryf:

O sultan, Turkish devil and damned devil's kith and kin, secretary to Lucifer himself. What the devil kind of knight are you, that can't slay a hedgehog with your naked arse? The devil excretes, and your army eats. You will not, you son of a bitch, make subjects of Christian sons; we've no fear of your army, by land and by sea we will battle with thee, fuck your mother.

You Babylonian scullion, Macedonian wheelwright, brewer of Jerusalem, goat-fucker of Alexandria, swineherd of Greater and Lesser Egypt, pig of Armenia, Podolian thief, catamite of Tartary, hangman of Kamyanets, and fool of all the world and underworld, an idiot before God, grandson of the Serpent, and the crick in our dick. Pig's snout, mare's arse, slaughterhouse cur, unchristened brow, screw your own mother!

So the Zaporozhians declare, you lowlife. You won't even be herding pigs for the Christians. Now we'll conclude, for we don't know the date and don't own a calendar; the moon's in the sky, the year with the Lord, the day's the same over here as it is over there; for this kiss our arse!

Tweehonderd jaar later het die groot Russiese skilder Ilya Repin sy beroemde skildery daarvan gemaak - die duurste van alle Russiese skilderye nadat Tsar Alexander III dit gekoop het.

(Dis dieselfde Ilya Repin wat Die Optog na Kursk geskilder het.)

Dit is en bly 'n meesterstuk van karakterstudie.

Die maan is in die hemel, die jaar is die Here s'n, die dag hier is dieselfde as daar....


Saterdag, November 01, 2014

Los 'n vlam en die huis brand af

Leo Tolstoy het jare terug hierdie morele storie geskryf, oor twee beste buurvriende wat in 'n onbenullige rusie betrokke raak. Ek kan nie hulle name onthou nie - noem hulle maar Leo en Fyodor.

Dit begin wanneer Leo se vrou oor Paasnaweek eiers gaan "leen" by Fyodor se vrou, met die suggestie dat dit tog in werklikheid húlle eiers is: dis haar hen wat deur die heining kruip om eiers op die buurvrou se werf te lê.

Hierdie klein opmerking gee onverwagte en woedende aanstoot by die buurvrou - en skielik is die vrouens kwaai vriende.

Teen die tyd dat Fyodor en Leo mekaar weer sien het elkeen 'n oorvol gekry, sy vrou se kant gekies en verwag 'n verskoning van die ander.

Daar is geen verskoning nie, in teendeel - elkeen onthou skielik 'n lang lys foute en irritasies en ander dinge wat hulle nog altyd gegrief het.

Vinnig ontvleg die twee gesinne alle kontak tussen mekaar - geen meer besoek en kuier, geen saamry na die kerk, die kinders speel nie meer oor en weer nie.

En dan eendag word Fyodor se vrou swanger. Wanneer Leo haar terloops raakloop wik en weeg hy om haar geluk te wens - maar hy is nog te trots en te kwaad - en kry dit nie oor sy hart nie.

Wanneer sy sien dat hy niks gaan sê nie roep sy venyning agter hom aan

"Ja - anders as jóú vrou ís ek swanger!"

En dan, voor hy besef wat hy doen, draai Leo om en gee haar 'n klap.

Om 'n swanger vrou te klap in daardie dae was heiligskennis en Leo word summier gearresteer.

Die regter gee hom 'n keuse - 100 loesings met 'n rottang, of hy kry die kans om vir die vrou wat hy geklap het en haar man onverskoning vra en hul vergifnis te wen.

Leo kies die loesings, maar met 'n waarskuwing aan sy vyande

"Geniet dit vandag, want soos wat my rug gaan brand, so sal jou huis brand"

Die vonnis word voltrek - Leo word geslaan en later vrygelaat om by die huis aan te sterk.

Maar nou heers paranoia in die straat - Fyodor is oortuig daarvan dat sy buurman wag vir 'n geleendheid om sy huis aan die brand te steek - en staan snags wag.

En hy is reg. 'n Paar weke later betrap hy Leo wat in die dood van die nag op sy werf sluip en 'n vlam in sy skuur aansteek.

Leo vlug en word agtervolg deur 'n verbete Fyodor, wat hom  twee strate ver inhaal en oorrompel.

"Vandag vermoor ek jou!"

Die twee vegtende mans word uiteindelik deur bure uitmekaar getrek - almal skree

"Die dorp brand af!"

En wanneer die twee mans terugkyk sien hulle dat Leo se huis brand, dat Fyodor se huis brand, en dat die bure se huise ook besig is om aan te steek.

Die verslae Fyodor kyk na sy ou vriend en sê

"Dit was só klein vlam - ek moes dit net doodtrap".