Dinsdag, Desember 31, 2013

Jacob's Ladder

Daar is 'n storie in die Bybel van Jacob, op vlug van sy broer Esau, wat aan die slaap raak en droom van 'n reuse leer tussen die hemel en die aarde, met Engele wat daarteen op en af klim.

In 1990 was daar 'n fliek met dieselfde naam, waarin 'n poskantoor klerk (Tim Robbins), terugflitse kry oor 'n insident waarin hy as Vietnam soldaat geskiet word.
Die terugflitse verskyn so 5-6 keer - eers hy & en sy makkers - daarna die skermutseling en die oomblik waarin hy geskiet word - daarna hoedat die gewonde Jacob ontdek en gehelp word - hoe hy na die militere hospitaal in 'n helikopter vervoer word, ens.
Maar asof hierdie terugflitse nie genoeg is nie, word Jacob ook in die kom en gang van sy lewe deur monsters in New York geteister - vreemde, vieslike monsters - maar ook skielike transformasies in die mense by wie hy veilig voel en vir wie hy lief is: sy getroue meisie (Elizabeth Pena) verander in 'n oogwink in 'n heks-agtige monster, en dan weer terug.

Sy vriende glo eenvoudig dat Jacob besig is om gek te word, koors kry en homself al hierdie dinge verbeel.

Maar hoe verklaar hy hierdie helle-bestaan? En waar sal sy hulp vandaan kom?

Sy kiropraktisyn (Danny Aiello) probeer hom help. In een toneel vertel hy van 'n ou mystic wat hel gesien het.

Eckhart saw Hell too. He said: The only thing that burns in Hell is the part of you that won't let go of life, your memories, your attachments. They burn them all away. But they're not punishing you, he said. They're freeing your soul. So, if you're frightened of dying and... and you're holding on, you'll see devils tearing your life away. But if you've made your peace, then the devils are really angels, freeing you from the earth.

Die groot verrassing is in die fliek se laaste oomblik: in sy finale terugflits word Jacob ge-opereer in die Vietnam tent-hospitaal - maar sterf.

Dit beteken dat daar geen terugflitse was nie. 

Die hele fliek is vooruit-flitse: na die onmoontlike lewe wat nooit sal wees nie. Die lewe wat Jacob desperaat homself probeer toewens in sy laaste paar minute, maar nooit mag he nie.

Dis waarom monsters dit heeltyd van hom wegskeur.

Dinsdag, Desember 17, 2013

Van Morrison

Niks op hierdie aarde is maklik nie. En meer nog, as iets maklik lyk (of klink), is daar beslis iets baie spesiaal aan die gang.

Ek dink Van Morrison is die naaste ding wat rock-musiek, of R&B, het aan 'n Mozart.

Op sy beste voel Van se musiek asof dit opstyg, dis so veer-lig! Jy wil lag uit jou maag uit.

Van Morrison het net een ding wat hom interresseer - die mistieke "eenheid van alles" en die soeke na vervulling. Dis 'n moeilike "onartikuleerbare" onderwerp, maar keer na keer kom hy tevore met ontsaglike eenvoudige verwoordings daarvoor.

Baie van die songs bestaan maar net uit 'n paar reels lirieke - maar die mengsel van totale harmonie, die sielvolheid, die totale eenvoud en stem is enig van sy soort.

'n Paar voorbeelde.

Rave On, John Donne
(Inarticulate Speech of the Heart)

In die laate 50 jaar het die mens op die maan gestap, civil rights het gekom, kolonialisme en kommunisme het verdwyn; nuwe oorloë; 9/11; heavy metal, punk, grunge, reggae en rap; plate, kasette, CDs, iPods...

Maar niemand het vir Van Morrison laat weet nie - na meer as 50 jaar bly hy salig onbewus van al hierdie onbenullighede.

Die basiese menslike taak het niks verander deur tyd en omstandighede nie - en die siel van duisende jare is nog met ons.

In hierdie song praat hy die 400 jaar oue digter John Donne moed in (en Walt Whtman, Omar Kayamm...), asof hulle nog saam met ons is

Rave on John Donne, rave on thy Holy fool
Down through the weeks of ages
In the moss borne dark dank pools
Rave on, down through the industrial revolution
Empiricism, atomic and nuclear age
Rave on down through time and space down through the corridors
Rave on words on printed page
...

In The Garden
(No Guru, No Method, No Teacher)

Morrison het 'n gawe om 'n lang intense spirituele opbou na 'n great oomblik te doen.

In hierdie een is dit basies twee mense wat mekaar in 'n tuin ontmoet, in stilte alles inneem en uiteindelik praat

And I turned to you and I said:

No guru, no method, no teacher
Just you and I and nature


Days Like This
(Days Like This)

Hierdie het so vinnig 'n classic geword dat dit voel asof die song al vir dekades bestaan. In werklikheid is dit eers in 1995 geskryf en het dadelik 'n volkslied vir lekker dae en slegte dae geword.

When it’s not always raining there'll be days like this
When there's no one complaining there'll be days like this
When everything falls into place like the flick of a switch

Well my mama told me - there'll be days like this...

Moonshine Whiskey
(Tupelo Honey)

Morrison het op verskeie kere in Country musiek gewerk. Die album Tupelo Honey was min of meer dieselfde tyd as Bob Dylan se Country musiek fase (Nashville Skyline etc) en het ‘n groot indruk op hom gemaak. Hy het eenkeer gesê dat Tupelo Honey in die hemel geskep en deur Morrison na die aarde ge-channel is.

"Moonshine Whiskey" is die laaste en langste song op die album – ‘n heerlike vrolike, uitbundige jam – alternatiewelik vinnig en stadig.

Virgo Clowns
(His Band and the Street Choir)

Great song, een van daardie waar alles click en niks vir niks oorheers nie.

Die idee daarvan is die eenvoudige wens

Oh, let your laughter fill the room

Watter groter geluk kan 'n mens iemand toe wens?

Listen To The Lion
(Saint Dominic's Preview)

Een van die kragtigste songs. 

Weereens 'n stadige opbou waar Morrison praat oor die "lion inside you", maar dan verder gaan deur die dier op te roep. 

Halfpad deur die song verander sy woorde in diere-kreune en uiteindelik die ge-brul van die leeu. 

Dit wil gedoen wees, Lady Gaga.


You Don't Pull No Punches, But You Don't Push The River
(Veedon Fleece)

Wat 'n weird en wonderlike titel vir 'n song, ek lag sommer!

You Don't Pull No Punches (baie dankie, good for you),
But You Don't Push The River (maar die wereld gaan maar aan soos tevore).

Dit beteken eenvoudig - maak nie saak of jy tough of sag is nie; wat jy dink jy is nie - dit verander basies niks aan die aardbol nie.

Morrison het destyds 'n denkbeeldige "Veedon Fleece" uitgedink as die naam vir die groot ideale, onbereikbare "iets" waarna hy soek en streef.


Into the Mystic
(Moondance)

Een van die eerste songs - ook die absolute essens van Van Morrison se musiek en sy lewenslange soek na die "Philosopher's Stone".

We were born before the wind
Also younger than the sun
Ere the bonnie boat was won 
as we sailed into the mystic

Daar bestaan honderde covers hiervan.

And The Healing Has Begun
(Into the Music)

In hierdie song sê Van Morrison: Die wonderlikste wonderlikste gevoel op aarde; wat enige mens kan ervaar; is die oomblik wanneer jy kan sien of voel 

...that the healing has begun...

hetsy in jouself of in iemand vir wie jy omgee, of in iemand wat jy seergemaak het.

Cyprus Avenue
(It's Too Late To Stop Now)

Die live album "It's Too Late To Stop Now" het 'n onheilige reputasie as een van die beste lewendige opnames van 'n rock kunstenaar ooit.

Cyprus Avenue was 'n straat in Belfast, waar Morrison grootgeword het. Dit onthou die eerste oomblik toe "hy" vir "haar" gesien het.

...and you were standing there
and you were standing
there

..in all your revelation...

Die album eindig met 'n dramatiese 10-minute weergawe hiervan en dan Van Morrison se beroemde slot-kreet "It's too late to stop now!"

Jy kan letterlik hoor hoedat die gehoor hoendervleis kry.

Maandag, Desember 09, 2013

bruin reisbrief

Soos meeste Afrikaners hou ek nie daarvan om aan apartheid herinner te word nie. Dis nou alles so ver in die verlede - is dit nog 'n verskoning vir enige iets? Was dit regtig so erg?

Dit was lank terug - maar ek onthou nog goed die dae toe alles "slegs blankes" was. Daar was niks snaaks hieraan nie - die hele wereld, van Amerika tot Australië, was dieselfde.

Ons mede-kolonialiste uit Engeland, België, Portugal en Rhodesia het een na die ander geval en later was ons alleen.

Tom Waits het 'n song waar hy sing

I'm the last leaf on the tree
The autumn took the rest, 
but it won't take me

Dit was ons.

Ons het 'n lang storie oor oorsprong en roeping gehad.

Die groot gesprek tussen Afrikaners was oor "identiteit". Wat beteken Afrikaner identiteit?

"Apartheid" was 'n logiese noodsaaklikheid van jou "identiteit". Seker baie soos Israelis vandag hulle "Joodse identiteit" probeer beskerm.

En toe, op 2 Feb 1990 het alles verander met FW se beroemde toespraak,. Die woord "identiteit" het oornag verdwyn en is nooit weer genoem nie - tot vandag.

Daar was klaagliedere en horror-stories oor wat voorlê, maar niemand het weer gesê "maak seker jy weet wat jou identiteit is nie".

Apartheid? Identiteit? (shrugs) Fuck em if they can't take a joke.

Ek dink kinders vandag sal nie weet waarvan jy praat as jy so 'n vraag aan hulle sou stel nie. Hallelujah.

Almal wil vandag onthou dat hulle teen-apartheid-was-voordat-dit-mode-was. Maar wat baie belangriker is, 'n baie groter prestasie: is die eenvoudige feit dat ons verander het: ons het vasgeklou aan iets aakligs, en dit laat los - met skop en skreeu en groot vrees, maar ons het.

Elkgeval, baie jare terug - in die sestigs - het breyten breytenbach die Italiaanse stad Paestum besoek. Daar is vandag net ruines, maar dit was eens die kern van 'n groot nuwe beskawing - 'n klomp Grieke het weggereis om "Groot Griekeland" hier in die bosse te skep.

Later het die Lucians en nog later die Romeine daarna die barbare dit een na die ander oorwin.

Wat breyten daar gesien het is dat al hierdie beskawings eers "heeltemal tot niet moes gaan
om tog, en nou eers, gesamentlik vrug te word"

Wat uniek is aan 'n beskawing kry eers werklik aanvaarding en waardering wanneer dit nie meer 'n obstruksie is nie en versmelt met die wereld.


die proses is onverbiddelik
omdat die mens gekom het om te leef

In 1968 het hy die wonderlike gedig "bruin reisbrief" geskryf, aan sy mede-Afrikaners, met die waarskuwing


dat jy wat te klein was om op te neem
tog iewers in ons groot land nog opneembaar is


bruin reisbrief


liewe Afrikaner,
Hier is ons nou voorlopig ná 'n vermoeiende
reis al deur die Suide, ons roete byna murmelend afgetel
langs 'n perelsnoer van vreemde dorpe vol vreemdelinge
van St Vito Marina deur Foggia na Barletta
en van daar na Bari
seermaakwit teen die see
regs by Monopoli deur die provinsie Puglia
die skuinstes uit verby die vreemdste byekorfkonstruksies
wat diens moet doen as huise
die land in
oor Locorotondo en Martina Franca na Taranto
met sy 'mare grande' en sy 'mare piccolo'
waar ons oornag het digby die donker klopwater
van daar gee die pad weer skiet tussen bloekomlanings
deur Basilikata tot in Kalabria - 
dis hier waar die Middeterreense drie-eenheid van
druif olyf en graan
die land regeer
aangevul deur vis en mens
maar weereens het ons land-in geswenk oor bergpasse
en deur klowe waar sambreeldenne troon
en die groen kastanjeboom uit sy skaduwee breek
soos 'n blaarryke tong uit die mond-
deur Lagronegro en Rocca d'Aspide
('n muil verdien in dié streke sy sout)
en toe berg-af tot waar Paestum tydloos aan die kus lê
soos 'n soen teen die lippe,
en dis waar ons nou nog is...

Hoe Suider mens reis hoe armer word die boere,
in dorpe kyk kind en kraai jou aan - hierdie mense,
suidermense, bruin, kleurlingbruin-
met die oë soos vet oliegladde olywe,
die tonge rats en rooi van die druif se drif;
en oral sien mens hoe 'n Sentrale Owerheid poog
om ook hierdie wêreld op die been te help:
nuwe wit paaie is kruise teen die berg,
daar kom vulstasies, badplase, jong plantasies...

...En ek het die Karoo in bloei sien kom,
sy koppies gesalf met tiemie en roosmaryn
en dorpies soos peesknobbels aan die senings van paaie,
ek het waterslote gesien,
glinsterende uitgebreide spinnedrade oor Namakwaland
met die nedersettings soos vliee daarin verstrik,
landerye katoen in die laagtes.
hoe selfs die Kalahari weer 'n groen vrugbaarheid kry
'n mooi land oop, oop vir al sy mense...

Amper vanself word in so 'n ou land
deurdrenk met die wete van vroeere beskawings wat hier
wortel wou skiet, onsterflikheid wou put
en heeltemal tot niet moes gaan
om tog, en nou eers, gesamentlik vrug te word-
die Liguur van die Noorde, die Italioot,
die eenkant-boer Etrusker, die Griek en die Romein
saam gesuiwer in die smeltkroes van die eeue
en die baie nagte se liefdepyne,
verbaster en gebruin tot hierdie viriele ras
- en wat bly oor van hulle wat
oorspronklik
'suiwer' was?
Niks en alles.
Sigbaar - bolangs - net die bouvalle van absurde tempelsale
hier opgedra aan Hera:
waar poue to pronkvlerk gesleep het en houtkarre spore
in plaveistrate kon gleuf
dartel nou die akkedis en arbei die mier
tussen rooiblom-lourierbosse en klip, verweer
en geel asof van nikotien...

Ook jy, Afrikaner, is reeds gesyfer deur
die prisma van die saad - Hollander (wat Duitser was?)
Fransman, Maleiermoeder en die kapelgeel Khoi-Khoin - 
die proses is onverbiddelik
omdat die mens gekom het om te leef
nie laat leef nie

en wat gaan daar dan van jou mense bly?
Ryk was jou verlede van agter hoor
maar ryker en swarter nog jou toekoms van voor...

Wat bly van jou konstruksies oor?
Jou onverdraagsame Kerk, of jou kerke met die vlerke
wyd van blinde voels,
jou blindelingse apartheidsleer die Hel in-
wat soos die Grieke hier 'n 'Groot Griekeland'
wou stig en uitgeroei is deur die malariakoors

is dit jou Logika?
Net die hoop dan, barse broer, dat jy wat te klein was
om op te neem
tog iewers in ons groot land nog opneembaar is
en dat van jou beste stigmas, soos hiërogliewe
teen die klippe sal bly pryk
of is dit die bang bobbejaan se blom?)

My broer, my dor, verlate broer:
iets wens dat mens weer in jou groei
dat alles groots, Afrikaans, gaan word
en jy ook in mensbruin mense bloei

Dat al ons nasate so soepel van oog
met die tong rooi en glad van bloed sal kan vertel
dat soos Zeus Jupiter was en Jehova Heitsi-Eibib,
jy ook mens geword het
en dit met trots
want onthou, jou bloed het nie grense nie,
sal soos die bruin tekens van die verwonde dier
iewers moet bly blom,
iewers moet jy tot besinning kom
en sterf
soos water

liefdegroete,


(Paestum 3 september 1968)

Donderdag, Desember 05, 2013

Las Meninas

In 1656, kort nadat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, het die Spaanse skilder Velazquez hierdie skildery voltooi - Las Meninas. Geen ander skildery het deur die volgende 350 jaar 'n groter invloed gehad nie.

Om perspektief te gee: op hierdie oomblik is die duurste kunswerk in die wereld Die Twee Kaartspelers van Paul Cezanne. Die Koning van Qatar het dit in 2011 gekoop vir $270,000,000.

En tog, as Las Meninas ooit op 'n veiling sou kom sou sy prys hierdie bedrag ongetwyfeld verdwerg.

Deur die jare het dit 'n groot simbool geword van die skeppingsproses en van wat skoonheid beteken.

Op die oog af is Velazquez besig met 'n portret van Koning Philip IV en sy vrou. Die groot insig was die idee om 'n portret te skilder sonder om die Koning te wys, maar eerder twee refleksies van hom - sy huis, huishouding en die respek - en dan, ver agter, sy refleksie in 'n spieel, saam met die Koningin.

Daarmee het Velazquez 'n deur oopgemaak wat kuns sou verander: die idee dat die weergee van die essensie van 'n mens buite homself kan wees, in sy werk, sy huis en die mense wat hy raak. Die skildery is ontsaglik kompleks en boeke en boeke is reeds daaroor geskryf.

Behalwe vir die verf en kwas aspekte, vang dit ryk idees vas waarvan ek hou.

Eenheid en onafhanklikheid. Anders as 'n still-lewe portret is hierdie 'n gestolde oomblik oor 'n klomp mense. Elkeen is gevang in 'n klein liggaamsbeweging wat impliseer dat dit 'n oomblik-in-tyd is. Maar ook: onafhanklike beweging in verskillende dieptes in ruimte, met die karakters onbewus van mekaar (wie agter my staan en wat hy doen) - ten spyte van die feit dat hulle hierdie oomblik deel.

Beauty and the Beast: Die ou royalty was mal daaroor om dwergies op te dress. Die Koning se dogtertjie is die middelpunt van die skildery. Langs haar staan die arme dwergie. Is dit nodig, vir skoonheid om waardeer te word, om lelikheid langs dit te he? En word lelik leliker wanneer dit mooi aangetrek word? 
Aandag. Waarna kyk almal? Dit lyk terselfdertyd asof niemand kyk na die Koning en Koningin nie - en dan weer andersom - asof hulle die hele tyd een oog op die Koning hou en ontsettend bewus is oor hoe hy hulle ervaar.




Onskuld en Verandering. Die freakin seuntjie wat op die hond trap is 'n classic. Die arme hond is 'n pragtige beeld van natuur-gelukkig-in-sig-self, los my uit in my eie wereld. Die seuntjie is die mens, die kunstenaar wat nie kan help om met 'n mooi ding te peuter nie.

Ruimte en Tyd. Die helfde van die hele skildery bevat niks! net die groot lee kamer. Maar dis die raam rondom die aksie - daarin hang die gees van die Koning se rykheid en sy geskiedenis. Maar dit is ook 'n raam vir tyd wat verbygaan. Die donker swart skilderye - half onsigbaar, wys hoedat alles wat vars geskep is in tyd verdonker en verdwyn.

Natuurlik en Onnatuurlik. Dit lyk asof haar diensmeisies klein Margaret Theresa probeer paai terwyl ma en pa geskilder word - maar dis natuurlik andersom. Dis SY wat die middelpunt van die skildery is en so stil as mooitlik probeer staan - klaar opgedollie vir 'n lewe van mooilyk wat voorle.


Who made Who? En laastens, Velazquez self - en ver agter in die spieel is Koning Philip IV en die Koninin. Die groot ironie is dat, aan die einde van die dag, die skildery nie 'n portret van die Koning of sy familie is nie, maar van Velazquez self - by verre die mees handsome ou in die prent. Sommige mense beweer dat die Koning nie eers in die kamer is nie. Dis gewoon 'n ander skildery wat daar agter hang.
Dis 'n cliche dat kuns jou van die kunstenaar vertel. 

Aan die einde van die dag deel die kunstenaar en sy onderwerp dieselfde doek, en die kunswerk wys die kunstenaar direk en die onderwerp (die Koning) indirek.

Who made Who? 

Sondag, Desember 01, 2013

Lotus


nee dis nog geen lente

dis 'n winterblou meeu wat aan dooie grond pik
dis die dokter se swart perd se hoewe wat klop 
dis die wind wat droefheid so vee oor die sneeu
en die klokke probeer die honger wolwe verskrik

nee dis nog geen lente

maar die lente sal kom
kyk die lente sal kom

Breyten op sy smagtende beste, gedryf deur daai hongerte vir vulvulling en nirvana

ek kom oor gisters en baie lande
gedra in die driftige draf van die honger roofdier...

"Lotus" is in 1970 publiseer, in die donkerste Ou Suid-Afrika dae. Dit was sy 4rde bundel poesie en sy langste tot hede.

Anders as die voriges is daar geen politiek in nie.

"Lotus" is uit en uit Ek, God, Liefde en Dood.

Dis baie persoonlik en glad nie in 'n stem wat by prekery sou pas nie. Breyten - altyd meer bewus van sy foute as enige kritici -weet hy stink van die liefde.

Die eerste deel is wat hy noem "ongepubliseerde juvinalia". Hierdie vroee verse is alles variasies van liefde en 'n reis van een of ander aard. Dis nog nie so doodsbehep soos die verse wat later sou volg nie.

Een daarvan is die bekende gedig "windroos" (hang die wit seile uit...)

bring die vaatjies vars water aan boord
'n palmboom om die kuste af te rond
lemoene my pype die blomme die brood
....
vandag nog in waarheid en op staande voet
vaar ons uit huis toe:
kry nou net nog enige see

kry nou net nog enige see - there's the rub.

Ek stel my 'n seuntjie aan die rand van 'n swembad voor - gereed vir die sprong - ge-hipnotiseer deur die water.

In hierdie vroee verse droom hy oor 'n geliefde wat aan sy sy is vir hierdie oomblik, gereed om hierdie sprong saam met hom te maak.

Dis 'n sprong van verwoesting, wat lewens verander, maar onafwendbaar. Die spanning in hierdie gedigte is die spanning van hierdie oomblik - die trots en die vrees, die wete dat die oomblik gaan sterf.

want ons liefde gaan sterf
selfs al baar ons huis net 'n duif
dan is dit reeds genoeg
selfs al laat die duif net 'n vlug
op die wind
op die wind na die see

(Soos "huis die dowe" die boek van bome was, so is duiwe die simbool van "Lotus". allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif...)

Maar het Breyten so 'n geliefde vir sy sprong? Stadig maar seker word dit duideliker dat sy groot getroue geliefde nie 'n mens is nie, maar sy geliefde Digkuns.

kyk, niks is so puur soos die digkuns nie!
my liefdesling, my eensaamheid!

En dan neem Breyten en sy geliefde Digkuns die plunge in die water in

die Groot Taak is
om van hondedrolle
sterre te maak
om die Groot Niet te vertrap

of, meer elegant

om 'n volmaakte sirkel om die niks te trek

Breyten se sprong is 'n smagting na die eenword met die heelal,

'n disintegrasie-deur-die-liefde na 'n God
...
wat deur berge en waters breek, wat feilbaar en wreed en
menslik en afskuwelik is, lieflik soos 'n granaatbos
'n krygsman, 'n minnares, 'n hermafrodiet, 'n god
met 'n skaduwee en dou op haar skouers

Daar is 'n bisarre storie in die middel van die boek - baie mooi vertel - van 'n man wat in 'n hasehok toegesluit word, lewenslank. Hy laat sy frustrasies uit op die arme hase totdat hy eendag besef dat hulle kan kom en gaan soos 'n hulle wil, dis net hy wat toegesluit is. Die hase kom uiteindelik vir selfmoord na die hok.

Die moral of the story, volgens breyten, is eenvoudig

dieper moet jy sing

Nou ja toe.