Saterdag, Maart 30, 2013

Op Dees Aarde

Ek het nou net op KKNK 2013 'n drama van die wyle Reza de Wet gesien: Op Dees Aarde.

Aan die begin, in donkerte, dwaal 'n Scrooge-agtige figuur deur die verhoog met 'n kers in die hand en mompel iets van 'n lewe van werk in die lykshuis. Eeee.

Daarna gaan die ligte aan oor 'n huishouding van 'n sterwende ma en wat lyk soos twee volwasse susters en 'n broer.

Die broer werk inderdaad in die dorp se lykshuis en die oudste suster maak trourokke op die dorp. Wat die ander suster doen is onduidelik, al wat deurskemer is dat sy uiters frustreerd met haar situasie is en die algemene benoude huishouding.

Hulle praat almal oor 'n bizarre dooie 3de suster vir wie hulle wag daardie aand, soos 'n spook wat 'n verskyning vir haar verjaardag in die huis gaan maak.

En jou werklik waar: sy verskyn soos klokslag 8pm, nie as iets vreesaanjaends nie, maar 'n gelukkige, onskuldige en erg swanger tiener dogter.

( Ek het al die karakters se name vergeet.)

Daar is 'n axe om te grind tussen die oudste suster, wie verloof was aan die jong man deur wie haar spooksuster swanger gemaak is, en die jong spooksuster, wat klaarblyklik net jonk is omdat sy - as spook - nooit verouder nie.

Baie jaloesie en 'n bietjie melodrama wat eindig in 'n spoke jag met 'n skêr in die hand en 'n bloederige uitsny van die "sonde wat groei soos 'n gewas in jou".

Dit alles klink belaglik in die daglig, maar tog het dit met hoendervleis geëindig, en so:

Wilma Snyman, die verswakte, siek ma van die storie, sterf in stilte in die huis terwyl die kinders rondrol. Hulle ontdek dit eers na die tyd.

Die broer wonder dadelik of sy ook, soos hulle jong suster, elke jaar sal terugkeer en vir hulle kom kuier.

En met hierdie vraag verdwyn almal behalwe hy, en ons hoor (in die stem van die oorspronklike ou man) dat almal in die huis uiteindelik een na die ander gesterf het - die ma en die jong dogter het teruggekeer elke jaar, maar die ander twee susters nooit nie.

Die uiteindelike redding van die armsalige, die swakkeling, die onderdrukte, is sy geheue, sy vermoë om liefde en lekker in sy hart te hou, en die res te laat gaan.

Maandag, Maart 25, 2013

F for Fake

In die 1960s was daar 'n groot skandaal in die hoge kunswereld: dit het stadig maar seker duideliker en duideliker geword dat derduisende van die duurste skilderye in die groot kunsgallerye fakes moes wees - nie dat eksperts dit kon vasstel nie - maar die enorme omset van skilderye van groot skilders in die wereld se gallerye - Picasso, Modigliani, Matisse - was veel meer as wat hulle ooit sou kon uitsit.

Uiteindelik het dit geblyk dat meer as tienduisend sulke skilderye deur net een man geskilder is: 'n Hongaarse con-artist genaamd Elmyr de Hory.

de Hory het nooit replicas van bekende skilderye geskilder nie, hy het oorspronklike werk gedoen in die herkenbare styl van beroemde skilders, hulle handtekeninge nagemaak en dit aan private handelaars verkoop. Baie vinnig is hierde werke opgeraap deur groot gallerye.

de Hory het altyd gesê en geglo - "if a painting hangs in a gallery long enough, it becomes real".

Wat was die verskil tussen hom en Picasso, het hy redeneer, as niemand die verskil kon sien nie - nie die eksperts nie, nie die publiek nie en nie Picasso self nie.

Die groot ironie is dat dit de Hory alleen was wat kon sê watter skilderye hy gedoen het - daarom was dit binne net sy mag om te besluit watter kuns real en fake was.

de Hory kon letterlik groot kunsgallerye - soos die New York Art Gallery - tot hul kniee dwing deur eenvoudig in te stap na een van hulle groot werke en te sê - "by the way, I painted this one".

Met Interpol op sy spoor het de Hory gevlug na 'n klein eilandjie genaamd Ibiza, waar 'n biograaf - Clifford Irving - hom besoek en 'n boek oor hom geskryf het.

Elmyr de Hory
Clifford Irving
Dit was 1970 en die boek se naam was "Fake".

Die jaar daarna het dieselfde Clifford Irving nog 'n boek geskryf - The Autobiography of Howard Hughes, waarvoor hy $100,000 vooruit betaal is.

Wat niemand besef het nie, insluitende sy uitgewer - McGraw-Hill - is dat die hele Autobiography of Howard Hughes self 'n fake was - een van die grootste hoaxes van die 20ste eeu. [Daar was 'n paar jaar terug 'n fliek gemaak (The Hoax) waarin Richard Gere die rol van Irving speel].

In 1972 het die groot Amerikaanse filmmaker Orson Welles, op sy oudag, na Ibizi gereis en 'n skitterende avant-garde dokumenter oor hierdie twee groot fakers van die 20ste eeu gemaak.

Sy fliek se naam was "F for Fake".

Daarin ondersoek hy die idee van fake vs real, die belangrikheid van rarity vir 'n kunsmark, soos vir enige mark, die kunstenaar vs die kunswerk self.

Aan die begin lees hy Rudyard Kipling se gedig


When the flush of a new-born sun fell first on Eden's green and gold,
Our father Adam sat under the Tree and scratched with a stick in the mould;
And the first rude sketch that the world had seen was joy to his mighty heart,
Till the Devil whispered behind the leaves, "It's pretty, but is it Art ?"

Is daar nog enige werklike kuns oor - enige iets om in te glo - in so 'n wereld van fakers en nabootsers?

Daar is 'n pragtige, skitterende klimaks aan die einde wanneer Welles 'n montage wys - stil skote van die Chartre katedraal in Frankryk, terwyl hy sê



Now this has been standing here for centuries. The premier work of man perhaps in the whole western world - and it’s without a signature. Chartres: A celebration to God’s glory and to the dignity of man.

You know it might be just this one anonymous glory of all things, this rich stone forest, this epic chant, this gaiety, this grand choiring shout of affirmation, which we choose when all our cities are dust, to stand intact, to mark where we have been, to testify to what we had it in us, to accomplish. 

Our works in stone, in paint, in print are spared, some of them for a few decades, or a millennium or two, but everything must finally fall in war or wear away into the ultimate and universal ash. The triumphs and the frauds, the treasures and the fakes. A fact of life. 

We’re going to die. “Be of good heart,” cry the dead artists out of the living past. Our songs will all be silenced – but what of it? 

Go on singing.