Saterdag, Februarie 16, 2013

My somer van Shakespeare

Ek het besluit om oor die somervakansie weergawes van al 37 plays wat Shakespeare geskryf het te soek en te kyk.

Hier is die resultaat.

The Comedy of Errors
If every one knows us, and we know none,
'Tis time, I think, to trudge, pack, and be gone

Die eerste van Shakepeare se komedies wat op die planke gekom het. Dis 'n verdubbeling van die ou Romeinse mistaken identity stories - nie een nie, maar twee stelle twins arriveer op dieselfde dag in dieselfde dorpie. 'n Baie effektiewe, snaakse komedie. Waarskynlik Shakespeare se enigste "situation  komedy".





Henry VI Parts 1 - 3
A staff is quickly found to beat a dog

Shakespeare se eerste vier plays was sy verwerking van die "War of the Roses", die oorlog tussen die families Lancaster en York, wat beide die Britse kroon ge-eis het, Die eerste drie van hierdie plays is later Henry VI deel 1 - 3 genoem, en die vierde (die mees populere) Richard III. Deel I speel hoofsaaklik in Frankryk af, waar die Engelse die draaipunt (afwaarts) in hul 100 jaar oorlog teen Frankryk beleef, danksy die skaapwagter-meisie Joan of Arc. Die sterktste karakter in Deel 2 en 3 is Henry se nuwe Frans/Italiaanse vrou - Queen Margaret. Sy veg man-alleen, namens haar patetiese man, teen die York familie, met grusame wreedhede oor en weer. In die foto vee sy York se trane af met 'n sakdoek gedoop in die bloed van sy jongste kind - Rutland.

Richard III
'Tis a vile thing to die, my gracious lord,
When men are unprepared and look not for it.

Na die Yorks seevier vermoor Koning Richard III (wie se boggel-rug geraamte verlede jaar onder 'n parkade uitgegrawe is) die hele oorblywende manlike lyn van sy eie familie. Die storie volg direk op Henry 6 - deel 3, maar die pas is stadiger en baie beter dramaties. Die sukses van Richard 3 was Shakespeare se groot deurbraak as dramaturg. Die swerwende Queen Margaret bly in die storie as 'n ironiese aanskouer van al die York-on-York moord (meer as wat sy ooit kon vermag), maar haar rol word in feitlik al die fliek-weergawes uitgesny.


Titus Andronicus
The woods are ruthless, dreadful, deaf and dull. 

So vroeg in sy loopbaan reeds het Shakespeare hierdie bloederige gemors geskryf. Nog 'n groot crowd-pleaser maar in later jare 'n verleendheid - dit is die mees gewelddadige klassieke drama, Shakespeare is skynbaar verbete om Euripides en Christopher Marlowe to out-do. In die foto staan Lavina: verkrag, met haar tong uitgesny en haar hande afgekap en skryf die naam van haar verkragters met 'n stok uit haar mond na die sand.


The Taming of the Shrew
Such a life with such a wife

Deesdae 'n baie groot no-no - die Taming of the Shrew gaan alles oor die "makmaak" van wilde vrouens (dit eindig met 'n toneel waar drie mans 'n wettenskap aangaan oor wie se vrou die gehoorsaamste is). Daar's 'n aktiewe veldtog om hierdie drama van die planke te verban - maar nogtans word dit gereeld opgevoer. Dis een van Shakespeare se sterktste piss-take komedies, veral die eerste tonele waar Petruchio en Katherine mekaar ontmoet. Die musical "Kiss Me Kate" is daarop gebaseer.

The Two Gentlemen of Verona
To wear away thy youth in shapeless idleness

Volgens sommige is hierdie die eerste play wat Shakespeare geskryf het. Dit is die eerste komedie wat die gender-bender plot-patroon gebruik wat Shakespeare oor en oor sou herhaal, met kommentaar-agter-vermomming. Dis waarskynlik sy flouste werk, behalwe vir 'n baie snaakse middel-deel waar die lovers hulle onsnapping in die nag uit haar pa se huis beplan.



Love's Labour's Lost
Society, saith the text, is the happiness of life

'n Eienaardige werk - 3 mans wat besluit om vir 'n jaar geen meisies te sien en net te studeer, maar natuurlik het elkeen 'n skelmpie wat hy vir die ander wegsteek. Dit eindig as 'n dirty-weekend voor die hele ding skielik tot stilstand kom met die uitbreek van oorlog. Die beste slot-reel in enige van Shakespeare se plays: The words of Mercury are harsh after the songs of Apollo. You, that way: we, this way


Romeo and Juliet
But one thing to rejoice and solace in

Niks verder hoef gesê te word oor hierdie wonderlike tragedie-komedie-liefdeswerk nie. 'n Groot come-back vir Shakespeare, en hierna was hy in sy wonder-jare. 


A Midsummer Night's Dream
Jack shalt have Jill, nought will go ill

Uit en uit net 'n fantastiese droom waarin al die verkeerde mense in een midsomersnag verlief word en hardloop agter mekaar aan, voor die son weer opkom. Die drama binne die drama aan die einde vat die koek - met die karakters "wall" en "moon" wat die lovers help en hinder.


The Merchant of Venice
if the scale do turn but in the estimation of a hair
thou diest and all thy goods are confiscate

Nog een van daai kontroversiele dramas. Aanvanklik genoem "The Jew of Venice", as 'n opvolg vir Christopher Marlowe se "The Jew of Malta". Dit is 'n baie unflattering, lelike uitbeelding van Shylock, die Jood wat geld leen vir Antonio teen 'n pond van sy vleis as surety. Terselfdertyd sterk dialoog vir Shylock en teen die falsheid van die Christene, maar dit laat 'n bitter smaak in die mond - veral die laaste toneel waar almal saam lag vir Shylock.


King John
Preach some philosophy to make me mad
And thou shalt be canonised Cardinal 

King John was Richard-the-Lion-heart se broer en opvolger (en die ou wat Engeland onderdruk het in die Robin-Hood dae). 'n Bizarre, all-over-the-place geskiedenis wat 'n plot ontwikkel en dan skielik vorentoe spring en alles vergeet waarmee  dit besig was. Daar's is 'n baie scary toneel waar 'n seuntjie se oë uitgebrand word. Shakespeare se mees siniese drama oor kerk en staat - selfs meer as Henry VIII



Richard II
Let's talk of graves, of worms, and epitaphs; 

Hier begin Shakespeare die tweede groep geskiedenis dramas, wat kronologies pas direk voor die Henry VI & Richard III dramas. Die tweede groep is Richard II, Henry IV en Henry V. Hierdie dramas is van die beste werk wat Shakespeare ooit sou skryf. Richard II is beroemd vir die "hollow crown" toneel - waar Richard sy kroon moet oorhandig aan Bolingbroke, wat Henry IV word. Daar is ook die beroemde "this sceptered isle" speech, een van die groot speeches oor die Engelse eiland. Shakespeare suggereer dat Richard II gay was en nooit die mas sou opkom nie - baie hiervan herinner aan Christopher Marlowe se briljante, en baie meer eksplisiete Edward II.


Henry IV, Part 1 & 2
Reply not to me with a fool-born jest.
Presume not that I am the thing I was,

Ek het reeds tevore oor hierdie werk geskryf - waarskynlik Shakespeare se rykste, diepste drama. Boeke en boeke kan hieroor geskryf word. Dit bevat die karakters van Falstaff en Hal en Hotspur. En Henry IV. Meesterwerk.


Henry V
Small time, but in that small most greatly lived
This star of England.

Henry V is die Engelse se groot jingo-play. Dit wys die inval en oorwinning van Frankryk en die triomf van die Battle of Agincourt. Laurence Olivier het dit verfilm in die middel van WW2 om die Engelse moed te gee vir die inval wat kom. Dis nie so 'n sterk drama soos sy voorganger, Henry IV, nie. Die koning se visie van al die dooie gebeendere wat opstaan en hom beskuldig was later die inspirasie vir die WW1 fliek J'Accuse! 


Much Ado About Nothing
Serve God, love me and mend

Hierdie is die wonder-era van Shakespeare komedie - die komedies van hierdie tyd is nie so snaaks soos die Taming of the Shrew, Comedy of Errors era nie, maar ge-anker in vreugde en menslikheid. Much Ado is een van die beste plays om te stage - die transisie van twee mense wat mekaar haat (Beatrice en Benedict) tot mekaar liefhet.


As You Like It
O wonderful, wonderful, most wonderful 
wonderful, and yet again wonderful

Die hele "As You Like It" speel af in 'n woud, "The Forest of Arden". Ek dink daaraan as die daglig weergawe van "n Midsummer Night's Dream. Dit is staties (nie soos Much Ado) nie, moeiliker om te stage maar bevat groot dele briljante dialoog en nonsens praat on-gewenaar in die geskiedenis van drama. Een van my gunstelinge.


Twelfth Night
Thus the whirligig of time brings in his revenges

Twelfth Night (5 Jan - die 12de dag na Kersfees) is 'n frantic, ekstreme komedie. Dis moeilik om die regte toon daarvoor te kry - dis wreder as Much Ado en As You Like It en begin die oorgang na die later Shakespeare - met al die groot tragedies wat kom. Weereens skitterende skryfwerk  - Olivia wat 'n ring stuur vir die man wat sy liefhet en dan skielik sê "I do I know not what"


Hamlet
In this harsh world draw thy breath in pain
To tell my story

Wat kan mens sê oor Hamlet wat nog nie gesê is nie? Ek het my eie teoriee maar wil nog dink daaroor. Elkgeval, Hamlet is die mees verfilmde drama en is ook Shakespeare se langste drama (4 ure), maar jy sou dit nie sê nie, aangesien movies gewoonlik die helfde daarvan uitsny.


Julius Ceasar
Security gives way to conspiracy 

Hierdie was die heel eerste Shakespeare wat ek gesien het as kind - met Marlon Brando as Marc Anthony. Ek was in trane. Dis 'n baie goeie play, en ek het 'n sagte plek vir die villian - Cassius.


The Merry Wives of Windsor
 I myself sometimes, leaving the fear of God on the left hand 
and hiding mine honour in my necessity, 
am fain to shuffle, to hedge and to lurch...

Shakespeare het nooit sequels gedoen nie, maar was blykbaar deur Konining Elizabeth gevra om weer 'n drama met Sir John Falstaff te skryf. (As dit waar is kan ek haar nie eintlik kwalik neem nie - as ek ooit Shakespeare sou ontmoet sou ek dieselfde gevra het). So het hy die vet ou man laat herleef vir die "Merry Wives of Windsor", die enigste van Shakespeare se komedies wat in Engeland self afspeel.

Dit is meinsinsiens een van sy bestes - dit is 'n mengsel van alles - die vroee fisiese komedie en die latere woord-komedie. Werk soos 'n bom. In meeste opsigte is dit die laaste werklike komedie in Shakespeare.



Troilus and Cressida
He that will have a cake out of wheat must tarry the grinding. 

Die naam klink soos iets famous - maar hierdie is een van die mees obskure Shakespeares wat bestaan. Dit is ook by verre die weirdste en mees "post-modern" van almal. Die legende van Troilus en Cressida is iets wat in die middeleeue bygelas is aan die storie van Troje. Troilus is 'n broer van Hector en Cressida is 'n suster van Helen. Chaucer het 'n boek daaroor geskryf en Shakespeare verwys telkens daarna in sy ander dramas. Maar dit is bisarre en staan uit tussen al sy dramas. Nadat Cressida ewige liefde aan Troilus sweer word sy in 'n prisoner-swap uitgeruil, teruggeneem na die Grieke en verraai en vergeet daar vir Troilus. Yip.


All's Well That Ends Well
The web of our life is of a mingled yarn, good and ill together

Teen hierdie tyd het Shakepeare se belangstelling in formule-komedie heeltemal verdwyn. Die dramas wat nou gekom het was hartseer stories met happy eindes of hartseer stories met hartseer eindes. Daar is niks in om oor te lag nie. All's Well That Ends Well is die eerste van hierdies. Dit het die teenoorgestelde titel van Shakespeare se volgende drama - Measure for Measure - en ek dink aan die twee as suster-dramas. Ek het al tevore oor hierdie drama geskryf.


Measure for Measure
For truth is truth to the end of reckoning

Ek het die anderdag gesien dat iemand hierdie drama beskryf as "sick and disturbing" - 'n mislukking as drama, godsdiens en politiek. Ek stem saam - en tog is dit een van Shakespeare se grootste en mees komplekse dramas. Dit gaan oor 'n non  wat pleit vir haar broer se lewe (hy moet tereggestel word vir 'n buite-egtelike swangerskap). Die regter vra haar om seks met hom te hê in ruil vir haar broer se lewe. Ek wil nog eendag in detail hieroor skryf.


Othello
Of one whose hand, like the base Indian, threw a pearl away richer than all his tribe

Die laaste deel van Othello - waar Desdemona wag vir hom om kamer toe te kom, is een van die ongelooflike vergestaltings van hopeloosheid, liefde, vrees en moed. O, these men - is al wat sy kan sê


King Lear
Why should a dog, a horse, a rat have life, And thou no breath at all?

Hoeveel is nie al oor King Lear geskryf nie? Daar is hierdie oomblik, waar die verblinde Glousester die stem van die mal King Lear hoor, en vra - onthou jy my? Die koning antwoord - I remember thine eyes well enough


Macbeth
I feel the future in this instant.

My Standard 8 voorgeskrewe Shakepeare, jare terug. Full sound and fury, signifying nothing, maar een van die lekkerste Shakespeares om te kyk, met hekse, vlieende messe en al - And nothing is but what is not. Ek het altyd gedink Arnold Schwarzenegger moet dit probeer.



Antony and Cleopatra
O infinite virtue, comest thou smiling from 
The world's great snare uncaught?

Hierdie is by verre die groot vroue Shakespeare rol. Die rol van Cleopatra in hierdie play is on par met die Othellos en die Lears - sy is in 'n konstante, glibberige posisie en in elke toneel moet sy heroorweeg - "leaving my fear of God in mine left hand", soos Falstaff sê. Dis 'n lang, deurmekaar play - die helfde daarvan is in Rome en die helfde in Egipte, maar die moontlikhede! In die finale is dit net Cleopatra en haarself. "We have no friend but resolution", sê sy. Ek is mal oor die toneel waar die boer vir haar die twee slange bring, dit neersit en sê "Feed them not - for they are not worth the feeding".


Coriolanus
The beast with many heads butts me away

Coriolanus is die arm broer van die groot tragedies. Shakespeare het blykbaar 'n besluit geneem om hierdie held geen inner life te gee nie. Die rol gaan oor 'n generaal wat homself nie kan uitdruk nie en anders as die Macbeth's etc. het Coriolanus geen soliloquies nie - hy praat nooit met homself en die gehoor nie. Hy het net sy one-and-only "There is a world elsewhere". Ralph Fiennes het dit nou net verfilm, uitstekende fliek.



Timon of Athens
I love and honour him, but I must not break my back to heal his finger.

Timon is die swartste van al Shakespeare se dramas. Swarter as King Lear en blykbaar die drama wat die heel minste op die planke kom. Ek moet erken ek het 'n baie sagte plekkie daarvoor. Dit gaan oor 'n man met geen familie, wat in bankrotskap verval en alleen langs die see gaan wag vir die einde. Daar vervloek hy die mensdom, totdat 'n eertydse soldate-vriend Athene binneval en die stad Timon kom vra vir bemiddeling. In die laaste toneel antwoord Timon - as enige iemand die sacking van Athene wil vryspring, kom na my strand - hier is 'n boom wat ek nog wil afkap. Come hither, ere my tree hath felt the axe and hang yourself!


Pericles
Nature's own shape, of bud, bird, branch, or berry, 

Pericles is 'n fairy tale, die eerste fairy tale wat Shakespeare gedoen het en iets wat duidelik al hoe meer prominent in sy mind was teen hierdie tyd in sy lewe. Dis 'n Prins wat 'n raaisel moet antwoord waardeur hy 'n prinses kan wen, maar die antwoord is dat sy die produk van bloedskande is - hy vlug weg en word deur die koning agterna gesit. Die drama ontvou in episodes langs die kus van die Levant (Syria) - Pericles trou en verloor sy vrou met die geboorte van sy dogter (poor inch of nature). En deur die jare spoor hy hulle weer op. Pragtige Prologue.


Cymbeline
When we shall hear the rain and wind beat dark December...

Dis weer 'n fairy tale wat al hoe meer kompleks word en dan in een enorme, notorious toneel word alles opgelos - al die verskillenede identiteite uitsorteer en verlore kinders opgespoor. Die hoofkarater is die koning se dogter Imogen (in drag). Dit bevat mynsinsiens die mees horrific teater toneel in die hele Shakespeare: 'n sekstoneel tussen 'n meisie en die die koplose liggaam van haar lover...


The Winter's Tale
For the life to come: I sleep out the thought of it

Shakespeare se derde fairy tale in 'n ry en waarskynlik die mees suksesvolle. Dit is 'n baie konfensionele plot van 'n koning wat sy vrou laat teregstel vir egbreuk en na die tyd besef sy was onskuldig. Na jare se boetedoening en huil kom daar 'n wonderwerk - wanneer hy 'n standbeeld in haar eer laat open begin dit beweeg - en daar is sy, weer lewendig.


The Tempest
to perform an act whereof what's past is prologue...

Die Tempest is 'n snaakse anakronisme aan die einde van Shakespeare se lewe. Dit is skielik weer 'n komedie van die ou bawdy soort, baie baie jare nadat Shakespeare enige so iets gedoen het. Dit was duidelik nie 'n drama nie, maar 'n musikale revue van soorte, en feitlik alle produksies (tot vandag toe) prop dit vol met musiek. Dit is 'n mooi voltooing van die Shakespeare epos - met die lyn we are such stuff as dreams are made of, and our little life is rounded with a sleep. 


Henry VIII
No, his conscience has crept too near another lady

Dit lyk asof Shakespeare weer aan die werk was aan nog 'n siklus van dramas oor Engelse geskiedenis toe hy dood is. Hoeveel van Henry VIII hy geskryf het en waarheen dit alles sou lei is 'n ope vraag. Die taal is baie anders as die digte Shakespeare taal van voorheen, en die vertelling baie meer gestruktureer - dit gaan hoofsaaklik oor die intriges rondom die koning se egskeiding van sy eerste, Spaanse vrou Katherine of Aragon, sy huwelik met Anne Bullen (soos Shakespeare haar noem) en die geboorte van hulle eerste kind - die kind se doop en die kerk se strome van adulasie (party sal sê gatkruip) eindig die play. Mmm ja.

[16 Feb 2013]

Vrydag, Februarie 01, 2013

All's Well That Ends Well

Hoeveel keer het ons al hierdie uitdrukking gehoor, sonder om daaroor te dink?

All's Well That Ends Well

Ek het getop en gedink en vandag glo ek dat hierdie 5 woorde die grootste, diepste motto is wat Shakespeare ooit geskryf het.

Hoe om te verduidelik? In ons tyd word drama, hetsy tragedie of komedie, gebaseer op verdiende loon. Goed wat seevier oor Kwaad.

Nie dat die good-guy altyd wen en die bad-guy altyd verloor nie, maar wanneer die bad guy wen haat ons hom en wanneer die good-guy verloor huil ons vir hom. Om hierdie emosies te wring is die hele essensie van ons drama.

Wat my altyd gepla het is dat hierdie patroon glad nie in die ou drama voorkom nie. Nerens in Shakespeare nie: The Two Gentleman of Verona, Taming of the Shrew, Much Ado About Nothing, Measure of Measure en talle ander dramas het sadistiese, euwel mans wat na al hul wandade skielik met hul slagoffers versoen en dan met 'n glimlag saam 'n buiging maak, sonder enige straf.

Neem Mozart se opera Le Nozze di Figaro, waar die Duke vir vier ure sy Chambermaid in die bed probeer kry, en dan, wanneer hy uitgevang word neem dit net een buig van die knie vir sy vrou om hom te vergewe.

Moderne gehore kan nie sin hiervan maak nie - waarom aanhou probeer om die ding lief te hê wat jou seermaak? Wat is hulle veronderstel om te voel vir hierdie monsters, en hoe moet hulle voel oor die victim se verraad aan die einde?

Dieselfde is waar van die ou tragedie - daar is geen verskil tussen die lot van die goeie en die slegte nie: Romeo sterf saam met Tibalt, Othello met Iago, Hamlet met Claudius, Ceaser met Brutus, Lear met sy dogters.

Soos Clint Eastwood in Unforgiven sê - Deserve's got nothing to do with it.

Dit het my lank geneem om hierdie gedagte te verstaan.

Ek het die ander aand na Shakespeare se drama All's Well That Ends Well gekyk.

In hierdie storie word 'n man - Bertrand - forseer om met sy diensmeisie - Helena - te trou, nadat sy die koning se lewe red. Hy verag haar en vlug uit sy moederhuis onmiddelik na die huwelik, met die woorde

Till I have no wife in France, I have nothing.

Jare later - nadat sy vergeefs probeer om hom oor te wen, sterf die arme Helena - en die verligte Bertrand kan huistoe kom.

Daar ontdek hy, tot sy skok, dat sy mistress van die laaste jaar in werklikheid sy gehate vrou is (wat hom in die geheim gevolg het) totdat hy haar swanger gemaak het.

Bertrand besef dat daar in werklikheid niks was om te haat nie, niks om te vrees nie.

All's Well That Ends Well is towerwoorde.

Dit beteken: daar is hoop vir almal, daar is vergifnis, dat pyn verdra kan word, dat mense kan verander, dat ons uit die verlede kan ontsnap.

Dit beteken: niemand is goed nie, niemand is sleg nie

The web of our life is of a mingled yarn, good and ill together.