Sondag, Augustus 12, 2012

kouevuur

Breyten se 3de digbundel "Kouevuur", bevat net een totale bulls eye: die ou classic "die hand vol vere".

Dis een van die enigste gedigte wat duidelik aan iemand gerig word -

mammie, ek het gedog as ek eendag huis toe kom...

"die hand vol vere" verdien 'n reputasie as een van die beste gedigte in Afrikaans. Dis breyten se fantasie-terugkeer na sy ouers, na jare van bannelangskap en totale vervreeemding "met jare se opgegaarde rykdom op rue van ysterkoeie".

Ek hou ook baie van die eenvoudige "mon repos" (my rus. ai tog, waarom 'n Franse titel). Dis net die spaced-out breyten wat ontspan en die las van kreatief wees los vir 'n oomblik...

nou dat ek
...nie oor hoef te dra
kan ek rustig in my huis sit en luister
na die hoefslae van die hart

dis 'n persoonlike motto van soorte en ek het die gedig al tevore op my blog aangehaal.

Maar andersens, wat gaan hier aan?

Baie van die gedigte noem Europese stede, of het voetnotas dat dit in so en so stad op daardie dag geskryf is. Die indruk wat mens kry is dat breyten rondswerf van stad na stad in Europa, nerens hoort nie ("een van die Franse met 'n spraakgebrek") maar terselfdertyd tog so bietjie trots voel dat hy 'n man van die wereld is, en kan praat uit al hierdie mistereuse plekke.

Afrika kom met 'n BANG!:

die gewaande verfyning van Europa verdamp
met die eerste helder poep van Afrika se maan

Maar met wie praat hy in hierdie gedigte? Is hy te goed vir Europa en te sleg vir Afrika?

Breyten is soos 'n Afrikaanse Hamlet uit die sestigs, besig om sy mind op te maak

Hamlet sê

how stand I then
that have a father killed, a mother stained
excitements of my reason and my blood
and let all sleep
...
oh, from this time forth
my thoughts be bloody, or be nothing worth!

Breyten sê

en toe het ek terug oor die grense gesluip
om die inwoners om die blomdiere
om klimaat om minerale ondergronds
hul vryheid te help win
...
gaan behoort!

Om te behoort is beslis nie 'n natuurlike ding vir breyten nie. Die bundel bevat een van sy bekendste politieke gedigte, "die swart stad". Dis geskryf in 1968, maar lees, in 2012, met groot embarrassment. Die eerste reel is

weer jou veral teen die bitterheid swart kind

Dit was brawe woorde om aan die ou Afrikaners te rig, maar ek twyfel of breyten se preek in arty farty Afrikaans hom enige vriende in die ANC gemaak het.

Breyten was "so eensaam soos 'n penis"

die reis in die land van die eensames
is 'n reis sonder herberge deur 'n land sonder grense
al langs 'n see sonder kuste
met net die liefde as bakens

in die land van die blindes is alle kleure fantasties
getuig elke klank
van die silwer taal van die stommes
met net die liefde as donker

Kouevuur is 'n bundel van wanhoop, doodgaan en eensaamheid. Daar is geen liefdesgedigte hier nie.

Die bundel eindig met 'n baie lang gedig met die naam "Kouevuur: slaap onder lede". Dis waarskynlik die mees indrukwekkende gedig in die bundel, nie omdat dit so goed geskryf is nie, maar omdat dit geinspireer en desperaat is, probeer-glo-in-iets, iets besweer

hier is die land van al jou vrese en verlangens
hier dans die bome voor sonop
...
land verder as alle lande
land van nerens
land waar olifante nog geruisloos deur die ruigtes beweeg
soos mistige heuwels in die skemer
land waar die son 'n horlosie is vir die by

o MAYIBUYE
Afrika: jou ek
en myne

hoe moet mens huil om jou uit te kan huil?

Saterdag, Augustus 11, 2012

Die schöne Müllerin

Nadat ek in my lewe na derduisende rock en pop songs geluister het, het ek anderdag sommer skielik besluit om, vir die grap, die klok tweehonderd jaar terug te draai en te luister na die eerste heavy songs.

Die oudste siklus van wat vandag "Lieder" genoem word, was Schubert se Die Schöne Mullerin.

Dis 20 songs wat die storie vertel van 'n swerwer wat 'n pragtige rivier ontdek en besluit om dit te volg. Die rivier lei hom na 'n meule, waar hy die meulenaar se mooi dogter sien.

As ons vandag in die seks, drugs en rock & roll era lewe, was hierdie sneeu, seks en selfmoord era. Vir die ou romantiese Duitsers was die wilde natuur en seks twee kante van dieselfde munt: storm en drang.

Die swerwer babbel met die stroom en die blomme oor sy groot geluk, skynbaar onbewus daarvan dit hierdie selfde stroom is wat hom na sy dood toe lok.

Die beste woorde, vir my, is in die Tränenregen, die Tranereën.

 Die swerwer en die meisie sit saam in stilte, onder 'n boom.

And over the clouds and stars,
There murmured the brook
And called with singing and ringing:
Fellow, follow me!


Then my eyes filled with tears,
And made the mirror ripple:
She spoke: The rain comes,
Farewell, I am going home.


The rains comes, Farewell, I am going home.

Dit is die enigste woorde wat in die hele siklus tussen die twee mense wissel.

Die meisie dra 'n groen lint, en in die loop van 2 songs verander die toon van die hele ding totaal.

Die eerste song is Die Geliefde Kleur (Die Liebe Farbe) - die kleur being Groen.

Die tweede song is Die Veragte Kleur (Die Bose Farbe) - weereens Groen, maar nou besef die swerwer dat die meisie verlief is op 'n ander glamorous jagter, wat vir haar die groen lint gegee het.

I'd like to go out into the world, 
Out into the wide world; 
If only it weren't so green, so green, 
Out there in the forest and field!

En uiteindelik tragedie, wanneer die jong swerwer vrede maak met verwerping en homself verdrink in die rivier wat hom na sy lot gelok het.

Die siklus eindig met die pragtige bitter-soet Rivier Wiegelied, (Des Baches Wiegenlied), met die stroom, uiteindelik, aan die woord.

Good night, good night,
Until all awake,
Sleep out your joy, sleep out your pain!
The full moon climbs,
The mist fades away,
and the heavens above, how wide they are