Vrydag, Desember 09, 2011

Bart Nel

Die Rebellie van 1914 was een van die mees traumatiese episodes in die Afrikaanse geskiedenis (waarskynlik 2de naas April 1994). Dit het gevolg op die Boereoorlog 12 jaar tevore. Die Boere het die "Boer War" verloor, maar dit was in werklikheid 'n triomf - die hoë morele toon van die Engelse was vir altyd vernietig.

Moeder Engeland moes die duurste denkbare kampanje op die been bring: een British Empire soldaat vir elke Afrikaner (man vrou en kind), sowel as die grootste mensejagting in wereld geskiedenis: vir Christiaan de Wet en die ou Vrystaatse President Steyn agterop sy perd, 'n blywende simbool van vryheid. Die konflik het Queen Victoria na haar graf geneem, sy het gesterf met die woorde "failure is not an option", maar nooit die victory gesien nie.


Dit word in die geskiedenis onthou as die begin van beide die guerilla-oorlog en trench-war era en die onvergeeflike Britse konsentrasiekampe en grootskaalse verbranding van Boere plase.

Asof enige iemand wat Afrikaans kan lees dit nie sal weet nie.
Maar die Boere was nie werklik verslaan nie, hulle was ten volle gemobiliseer en kort voor lank was die Afrikaanse Nelson Mandela - Louis Botha - aan bewind. Botha was 'n formidabele leier vir beide Boer en Brit, hy het sy eertydse vyande so beskaam dat dit vir hulle moeilik was om hom in die oë te kyk.

Onder hom was sy verengelsde, onverstaanbare, vervreemde, intellektuele Thabo Mbeki - Jan Smuts.


Die Rebellie van 1914 was die gevolg van Botha en Smuts se besluit (seker nie 'n maklike een nie) om tot die Eerste Wêreldoorlog toe te tree deur Namibia in te palm vir die Empire.


Daar was 'n onmiddelike, spontane reaksie deur al die Boere leiers, wat die oorlog as 'n godgegewe kans gesien het om van die Engelse ontslae te raak. Maar Botha was vasberade, en het aangekondig dat hy beheer van die weermag sal neem en enige rebellie persoonlik sal onderdruk.

Daar was 'n oomblik van aarsteling in die lug en meeste Afrikaners het besluit om niks te doen nie.



Des nieteenstaande was daar tog 'n rebellie - dit was klein, maar genoeg om alle goeie trou tussen die voormalige kamarade vir ewig te vernietig. Generaal Beyers het verdrink in die Vaal Rivier. Generaal de la Rey is doodgeskiet by 'n pad blokkade. Generaal de Wet se seun is gedood, en hyself gevang en tronk toe.

Een offisier wat nooit formeel uit die weermag bedank het nie - Jopie Fourie - is skuldig bevind aan hoogverraad en het die doodstraf gekry.



Daarna was alles verby. Jan Celliers het 'n gedig geskryf "Jopie Fourie"


Daar trek 'n koeel met spoed met spoed
Hy's nat van Afrikaner bloed
En smart die boodskap wat hy voer
Hy kom uit Afrikaner roer

Johannes van Melle was een van die rebelle . Uit sy ervarings daarvan het hy "Bart Nel" geskryf. As jy vir enige iemand van my geslag die woorde "Bart Nel" sê, dink hulle dadelik


Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy.



Dit was ons almal se voorgeskrewe boek op skool. Dis Bart se laaste woorde in die boek en die een wat onderwysers onderstreep het as die kern van die storie.


Wel, dit is en dit is nie.


Bart Nel is een van die beste boeke wat ek nog ooit gelees het.


Dit kom uit 'n diep-gevoelde emosie en woede - maar soms, wanneer 'n skrywer so seker is oor wat hy wil sê, maak dit sy weergawe van die wereld omstandighede ryk en glas-helder - hy kan liberaal toegee aan alles wat hy vrees en veroordeel, omdat hy geen balans probeer soek nie, hy is totaal gegrond in wat die uiteinde van dinge sal wees.


Dis die geval met Bart Nel.


Bart is, soos die skrywer voel, 'n rebel wat alles verloor maar sy siel behou.


Wat maak dit Fransiena, die vrou wat hom verlaat? Die een wat alles behou maar haar siel verloor? Glad nie. Sy behou dieselfde soort suiwerheid as Bart, op haar eie manier.


Die verhaal is basies
  • Bart besluit om sy gesin te verlaat en die rebellie te join, al waarksu Fransiena dat sy hom nooit sal vergewe nie,
  • Na hulle afskeid in die eerste hoofstuk praat Bart en Fransiena nooit weer met mekaar in die hele boek nie. Die res van die hoofstukke vertel hulle twee aparte stories in paddaspronge verby mekaar.
  • Bart is betrokke in een skietgeveg waarin een regeringsoldaat sterf. Die rebellie misluk.
  • Bart gee homself en sy kommando oor. Niemand in sy groep erken enige betrokkenheid met die soldaat se dood nie, en Bart word na Pretoria gevangenis gestuur.
  • Fransiena is te kwaad om Bart te besoek, hy is te trots om haar te vra.
  • Sy skryf 'n koue brief vir hom, ter wille van die kinders (en kry 'n ewe koue brief terug).
  • Skuldeisers wys aan Fransiena IOUs - goedere wat Bart gekommandeer het in die naam van die "rebellie". Sy voer haar eie bittere verlore stryd teen bankrotskap.
  • Fransiena soek hulp by 'n prokereur op die dorp - Ferdinand Basson - en 'n versigtige verhouding ontwikkel tussen die twee. Hy kry 'n koper vir haar plaas.
  • Fransiena skryf 'n brief aan Bart en vra of hy wil skei. Sy berou dit die oomblik wanneer sy dit pos.
  • Bart se antwoord is natuurlik "As jy wil skei, skei".
  • Hulle skei en sy hertrou met Ferdinand.
  • Bart word vrygelaat en keer terug na dieselfde klein dorpie, sonder gesin of plaas.
  • Wanneer Fransiena hom weer sien, op 'n afstand, bars sy in trane uit en kan nie dink wat haar besin het nie.
  • Sy probeer via haar pa toenadering maak aan Bart. Bart wil niks weet van haar nie. Fransiena se pa skud sy hand en sê "Ek is jammer om jou te verloor ou seun". Een van die beste oomblikke in die boek.
  • Fransiena bly by haar man, wat oor haar voel soos "'n hond wat nie genoeg kos kry nie". Hy vra haar – wil jy terugkeer na Bart en sy antwoord "Ja, maar hy wil my nie hê nie. Maar jy wil my darem nog hê". Dis vir hom 'n enorme verligting om te hoor en vir haar om te verbaliseer. Op daardie oomblik bind die twee hulle lot aan mekaar. Dis die boek se een groot counterpoint.
  • Bart se dogtertjie skuif van sy plot af na sy ouers op die dorp, sodat sy kan skoolgaan. Bart eindig alleen, "met sy siel in hom". Dis die ander groot counterpoint.

Sondag, Desember 04, 2011

20 Bruce Springsteen liedjies

1. Long time comin’

Dis oor daai drang om te bekeer en te verander en te verbeter. Die song is ‘n man en sy swanger vrou wat lê in ‘n tent in die veld in die nag. Sy gedagtes terwyl sy vrou slaap

Now I'm gonna get birth naked and bury my old soul
And dance on it's grave
It's been a long time comin', my dear
It's been a long time comin', but now it's here


Ek kry hoendervleis vir die line

Well my daddy he was just a stranger
Lived in a hotel downtown
When I was a kid he was just somebody
Somebody I'd see around

2. Drive All Night

So intens en beautiful en lank en eenvoudig – met Springsteen wat skreeu

You've got, you've got, you've got, you've got my love, you've got my love
Through the wind, through the rain, the snow, the wind, the rain
You've got, you've got my, my love
heart and soul

(The River)

3. The Line

Dis oor ‘n border patrol guard by die “Line” – die US/Mexiko grens – wat ‘n Mexikaanse single mom en haar kinders deur die grens smokkel in sy SUV maar in die nag deur een van sy kollegas ingehaal en van die pad afgetrek word.

Die twee mans klim uit hul motors en kyk na mekaar, terwyl hy hoor hoedat die gesin agter hom wegskarrel en verdwyn in die donkerte in.

(The Ghost of Tom Joad)

4. Dead Man Walkin

Dis oor die Katolieke non Helen Prejean se belofte aan die moordenaar en verkragter Elmo Sonnier dat sy saam met hom sal stap tot by die Electric Chair.

Dis ‘n belofte wat sy gestand gedoen het. Sy het agter hom gestap, met haar hande op sy skouers, tot in die stoel.

Dit was ‘n boek, ‘n movie, ‘n opera en hierdie song.

5. 41 shots

Op 4 Feb 1999 is ‘n Afrika immigrant deur New York polisie gestop. Hy’t geskrik, blykaar probeer weghardloop en is 41 keer geskiet (19 bullets is uit sy liggaam gehaal). Later was dit natuurlik alles ‘n misverstand.

Springsteen het Amadou Diallo se familie genooi na sy show in New York en hierdie song daar gesing.
Dit het ‘n bitter reaksie en ‘n lewenslange boikot van die York State Fraternal Order of Police veroorsaak.

(Live in New York)

6. Two Hearts

‘n Perfekte rip-roaring romper stomper van ‘n song, met die eenvoudige refrain

If you think your heart is stone
And that you're rough enough to whip this world alone
Two hearts are better than one

(The River)



7. Jungleland

Springsteen se epic 10-minute beskrywing van ‘n gang fight. Dit was een van sy heel eerste groot suksesse.
Die ding wat my altyd vang is die woorde aan die einde, wanneer alles verby is

Man, the poets down here they do nothing at all
They just stand back and let it all be…

(Born to Run)

8. Shenandoah

Hierdie is ‘n tradisionele Amerikaanse folk-song, oor die Shenandoah rivier in Virginia. Springsteen se weergawe is die beste wat ek ooit gehoor het.

Dit is ook die weergawe wat gebruik word aan die einde van die Spaanse fliek “The Sea Inside”, wanneer die verlamde Javier Bardiem sy lewe beeindig.

(The Seeger Sessions)

9. Across the Border

Waarskynlik die heel beste Bruce Springsteen song van almal.

Dis daai “eendag, iewers droom”, soos Bob Dylan se “When I Paint My Masterpiece”, of “Somewhere”, uit West Side Story.

For what are we
Without hope in our hearts
That someday we'll drink from God's blessed waters
And eat the fruit from the vine
I know love and fortune will be mine
Somewhere across the border


(The Ghost of Tom Joad)

10. Devils & Dust

Devils & Dust was Bruce Springsteen se metafoor vir die Irak oorlog. Dit beteken dat, wanneer jy die occupier is, almal en alles om jou lyk soos “devils & dust”. ‘n Wereld sonder vriende, sonder menslikheid, sonder vertroue.

(Devils & Dust)

11. The Wrestler

Hierdie was die temalied van die Mickey Rourke movie oor die stoeier wat weier om af te tree na 'n hartaanval.

Have you ever seen a one trick pony in the field so happy and free?
If you've ever seen a one trick pony then you've seen me


(Working on a Dream)

12. This Hard Land

My gunsteling song oor sukkel.
Wat het geword van die saad wat ek geplant het?

They've just blown around from town to town
Till they're back out on these fields
Where they fall from my hand
Back into the dirt of this hard land

13. Wild Billy’s Circus Story

‘n Eenvoudige, maar magic song wat ‘n sirkus beskryf deur die oë van ‘n klein seuntjie.

(The Wild, The Innocent and the E Street Shuffle)

14. My City of Ruins

Springsteen se eerste album was "Greetings from Asbury Park". Dis waar hy vandaan kom. Jare later het hy "My City of Ruins" geskryf, oor die verval van Asbury Park, maar dit nooit release nie.

En toe, in 2001, met September 11, was dit skielik die die perfekte song vir sy comeback album - met 'n heel ander betekenis.

(The Rising)

15. Thunder Road

Hierdie baie famous song laat my dink aan Eugene O’Neill se play “A Moon for the Misbegotten”. ‘n Man wat ‘n vrou smeek, na jare uit die game, om uit haar dop te kruip

So you're scared and you're thinking
That maybe we ain't that young anymore
Show a little faith there's magic in the night
You ain't a beauty but hey you're alright
If you're ready to take that long walk
From your front porch to my front seat

(Born to Run)

16. When You’re Alone

Eensaamheid.

No one knows, honey, where love goes
But when it goes it’s gone gone gone

(Tunnel of Love)


17. Maria’s Bed

Dis net ‘n song oor “physical love”, soos hy eufimisties sê, maar dis een van daai onweerstaanbare party-rock ritmes.

I keep my heart in my work and trouble's in my head
And I keep my soul in Maria's bed

(Devils & Dust).

18. Factory

Song oor sy pa, maak ook al daai miljoene van ons wat elke dag opstaan vir werk om te provide….

The work, the work, the working life.

(Darkness at the Edge of Town)

19. I’m on Fire

Ek het 25 jaar gelede in die Pretoria Wimpy gesit en ‘n stem oor die radio gehoor.

Hey little girl is your daddy home?

Ek onthou ek het vir my aktes-kantoor-kollega, saam met my op lunch, gevra “wie is dit wat daar sing?”

“Bruce Springsteen” het hy gesê.

(Born in the USA)

20. Reason to Believe

Springsteen het een keer gesê dat hy tydens die maak van sy 4de album vir die eerste keer verstaan het wat sy poetry inspireer: die stryd van gewone mense wat probeer om normale decent lewens te lei.

Hierdie is een van sy roerendste songs: waar kry mense die krag, na soveer frustrasie en mislukking, om aan te hou glo?

Dit begin met die beeld van ‘n man langs die hoofweg wat versigtig met ‘n stok aan die lyk van ‘n dooie hond druk (asof die hond gaan opspring), en dit eindig

Congregation gathers down by the riverside
Preacher stands with his Bible
groom stands waitin' for his bride
Congregation gone and the sun sets behind a weepin' willow tree
Groom stands alone and watches the river rush on
so effortlessly
wonderin' where can his baby be
Still at the end of every hard earned day people
find some reason to believe

(Nebraska)

[4 Des 2011]