Sondag, November 27, 2011

The Iceman Cometh

Lee Marvin as Hickey
Jare terug was daar 'n ou boeregeneraal - Piet Cronje. Dis hy wat oorgegee het aan die Engelse by Paardeberg, met 4000 boere, op Majuba-dag, tydens die Boereoorlog.
Skande. Piet Cronje was die enigste boere generaal wat ooit die wit vlag gehys het of gevang is deur die vyand.
Om dinge verder te vererger het hy kort na die oorlog na Amerika gereis vir 'n re-enactment van Paardeberg by die St. Louis International Fair, waarvoor hy betaal is.
Dit was die laaste strooi. Cronje is ge-disown deur sy familie en die hele Afrikaner volk.
Ek weet nie wat daarna van hom gebeur het nie, maar hy verskyn - duidelik herkenbaar - in Eugene O’Neil se play “The Iceman Cometh”.
Dis alles in een kroeg in Amerika, so 1910 (die Great War lĂȘ nog voor en die Boer War is nog die laaste groot oorlog waaroor almal praat).
Binne die kroeg lewe ‘n groep regular drunks, waaronder “Generaal Wetjoen”, ‘n disgraced boere generaal wat te bang is om terug te keer na die Transvaal. Sy beste (enigste) vriend, is ‘n Engelse kolonel uit dieselfde oorlog, wat gedobbel het met sy regiment se geld.
Saam met die res wag hulle vir die besoek van ‘n travelling salesman wat elke jaar op sy verjaardag in hulle kroeg 'n groot party gooi en al sy geld blaas.
“Hicky” is sy naam.
Hy kom, maar tot hulle skok wil hy niks drink nie, hy is hergebore: hy glo dat hy die geheim van vryheid ontdek het.
Elkeen van die dronkaards in die kroeg is dieselfde op een manier: hulle koester een laaste illusie oor wat hulle nog met hul lewe gaan bereik – wat Hicky noem hulle “pipe dream”.
Vir Generaal Wetjoen is dit sy terugkeer na sy land, sy gesin, sy mense.
Hickey se teorie is dat dit hierdie laaste droom is wat al die pyn in elkeen se lewe veroorsaak, en hul verslawing aan drank is nodig om hierdie illusie te laat lewe. Sonder hul verslawing aan hierdie illusie sal hy hulle heeltemal bevry wees.
Maar om alle hoop op te gee is ‘n terrible ding om iemand te vra.
Die hele affere gaan glad nie goed af nie, en kort voor lank begin hulle vermoed dat Hickey, in fact, mal geword het, en nie sonder rede nie.
Dis die swartste van swart drama, dis lank en sonder enige verligting, maar ek is mal oor die Iceman Cometh. Daar is ‘n enorme toure-de-force rol vir die akteur wat Hickey speel, maar die hele ding bly interessant en ontwykend tot heel aan die einde.
Die siel kan nie besit word nie, dit is te diep om te bereik en te beheer. Die siel tree op sonder dat ons kan help.
Die Hickey rol is onlangs deur Kevin Spacey op Broadway gedoen, daar is twee flieks – een met Jason Robards, wat die oorspronklike rol gedoen het; en een met Lee Marvin, die Dirty Dozen aksie ster - skitterende movie, ook.