Vrydag, Oktober 29, 2010

Billy Budd, Sailor

Herman Melville se groot tragedie is dertig jaar na sy dood eers ontdek en gedruk.

Billy Budd is die jongste matroos op 'n skip in die 19de eeu - die vrolikste, gewildste jong man aan boord - 'n blonde engel wat deur almal bewonder en be-lus word. Maar hy het een Achilles-hak: 'n hakkel-gebrek wat deurslaan elke keer wanneer hy emosioneel word.

Die boot se dissipline val onder Master-in-arms Claggart - 'n evil, lelike man van binne en buite. Vir een of ander rede (wat nooit verduidelik word nie) haat Claggart vir Billy van die eerste oomblik - almal kan dit sien behalwe die onskuldige Billy.

Al Billy se pogings om vriende te maak met die eensame, wrede Claggart veroorsaak net dat Claggart hom meer en meer haat.

Uiteindelik lê Claggart 'n valse klag van muitery teen Billy by die boot se kaptein - Kaptein Vere. Wanneer die kaptein vir Billy roep en hom vra om homself te verdedig, is Billy so geskok dat hy heeltemal sy spraakvermoë verloor. 

Hulle staan in stilte en wag vir Billy om homself te verdedig - maar die arme man kan nie 'n woord uitkry nie. 

Claggart glimlag met triomf vir die Kaptein: He is silent not because he cannot speak, but because there is nothing to say...

Die verwoede, stomme Billy bespring en verwurg vir Claggart voordat enige iemand hom kan keer.

Moord is moord. 

Billy word dieselfde dag nog verhoor en verdoem homself deur sy kop te knik wanneer hy gevra word of hy vir Claggart vermoor het. Nogsteeds sukkel hy om enige iets sinvols uit te kry. 

Die vonnis is dood en 'n galg word vir die volgende oggend gereël.

En daardie nag lê Billy alleen in sy kamertjie - vêr van vriend en bloedverwant - opgekrul soos 'n kind. 

Hy kalmeer sy hart en oefen sy laaste woorde vir die volgende oggend - die laaste kans wat hy ooit sal hê om te praat.

En die volgende oggend - met die tou om sy nek - kry hy uiteindelik uit: "Long live Captain Vere".

**

Billy Budd is een van die stories in letterkunde wat die beste in almal uitbring. Peter Ustinov het 'n skitterende fliek in die 60s daarvan gemaak en Benjamin Britten 'n opera (die enigste opera in die repertoire sonder 'n vroue stem).

Twintig liedjies

1. Bruce Springsteen - If I Should Fall Behind

Dis oorspronklik 'n love song, maar verlede jaar in Carnegie Hall het Springsteen hierdie song opgedra aan alle ouers met autistiese kinders.

Daar is 'n pragtige live weergawe saam met die Sessions Band.

2. AC/DC - Who Made Who

Imagine Dr Frankenstein wat boogy saam met sy Monster tot so 'n frenzy dat niemand kan sê wie wat is nie. Dis AC/DC se visie van rock - die hoender wat dans met die eier - die gillende rock-fans en die skreeuende Rock Stars. Nie net die good guys wat goeie idees het nie .

3. Tom Waits - Down There By The Train

Daar is 'n trein wat die goeie mense na die hemel neem - en op een plek "at the place where the train goes slow" wag al die Sondaars van die wereld op 'n krans, en hoop vir 'n laaste kans om te spring...

4. Barbra Streisand - Don't Rain On My Parade

Dis maklik om te dink Barbra was net jolly met hierdie song in 1967 – sy was dodelik ernstig. As daar al ooit ‘n verklaring van voorneme vir ‘n lewe was, is hierdie een.

En soos die volgende 40 jaar gewys het, niemand – geen movie star, geen US President, geen music mogul of Studio Baas het ooit durf rain op Ms. Streisand se parade nie.

Wat 'n monster van energie was sy nie.

5. Johnny Cash - Cool Water

Dors, in al sy vorme, is 'n great great tema. Ek kan my niks duideliker, helderder voorstel as hierdie eenvoudige beauty nie, gesing deur Cash heel aan sy einde op sy ou dag.

All day I faced a barren waste,
without the taste of water.
Cool, clear water.


6. Laurika Rauch - Kyk Hoe Glinster Die Maan

Daar's min Afrikaanse songs wat vir my die magiese probeer en bereik - hierdie is een - en Laurika het 'n warm glorious stem.

7. Peter Seeger - Wimoweh

In die 50s het die banjo speler Pete Seeger 'n song geneem wat hy gehoor het maar nie kon verstaan nie - die Zulu song “Mbube”, en 'n hillbilly yodel daaruit gemaak.

Daar is geen woorde in Seeger se weergawe nie, net sy amazing stem infleksies om die pure plesier van die musiek oor te dra. Stel jou voor iemand sing 'n area uit volle bors sonder woorde (in enige taal) - net 'n gebrabbel om die beauty van die musiek te herhaal.

'n Paar jaar later het die Tokens dit weer opgeneem, maar hierdie keer woorde geskep

In the jungle, the mighty jungle, the lion sleeps tonight...

And the rest is history, maar iets van die magic is verlore.

8. Tom Waits – That Feel

Hierdie song omdat dit my herinner dat jy nie hoef te kan sing om beautiful noise te maak nie.

You can throw it out in the rain
You can whip it like a dog
You can chop it down like an old dead tree
But there's one thing you can't lose….

(en ‘n kroeg vol van Waits se buddys kreun tesame)

and it's that feeeeeeeeel

9. Gert Vlok Nel – Waarom Ek Na Jou Roep Vanaand

Die langste song in Afrikaans - Gert Vlok Nel se huldeblyk aan Koos du Plessis. Op stage het hy dit gedoen teen die backdrop van ‘n video van die Groot Karoo wat verbygly deur ‘n treinvenster.

Gert bo die grond roep na Koos onder die grond: Kom in Koos, Kom in…

10. Bruce Springsteen – Reason to Believe

Springsteen het een keer gesê dat hy tydens die maak van sy 4de album vir die eerste keer verstaan het wat sy poetry inspireer: die stryd van gewone mense wat probeer om normale decent lewens te lei.

Hierdie is een van sy roerendste songs: waar kry mense die krag, na soveer frustrasie en mislukking, om aan te hou glo?

Dit begin met die beeld van ‘n man langs die hoofweg wat versigtig met ‘n stok aan die lyk van ‘n dooie hond druk (asof die hond gaan opspring), en dit eindig

Congregation gathers down by the riverside
Preacher stands with his Bible
groom stands waitin' for his bride

Congregation gone and the sun sets behind a weepin' willow tree
Groom stands alone and watches the river rush on
so effortlessly

wonderin' where can his baby be
Still at the end of every hard earned day people
find some reason to believe

11. The Ramones – I Wanna Be Sedated

Hierdie punk-song het besondere betekenis vir my gehad aan die begin van die jaar, tydens my hartomlyning, saam met Johnny Nash se “I Can See Clearly Now”.

I can’t control my fingers, I can’t control my brain. Put me in a wheelchair, get me on a plane!
12. Bette Midler - The Glory of Love

You’ve got to give a little, take a little
And make your old heart break a little,
That’s the story of, that’s the glory of love

You’ve got to laugh a little, cry a little
And let the clouds roll by a little
That’s the story of, that’s the glory of love

You’ve to win a little, lose a little
And always have the blues a little
That’s the story of, that’s the glory of love

13. The Beatles – You Never Give Me Your Money

Ek is moeg geluister aan die Beatles, oor die algemeen. Maar hierdie een bly op al my playlists. Dis nie regtig ‘n song nie, dis een van daai groep mikro-melodiee wat saamgevleg is aan die einde van Abbey Road. You never give me your money, you only give me your funny paper, en ek his mal oor die refrein

But ooooh that magic feeling – NOWHERE TO GO….

14. Iggy Pop – Lust for Life

David Bowie het van sy beste songs vir ander mense gegee – die storie is dat hy hierdie astronomiese rock-riff op ‘n ukulele geskep het. Nog ‘n totaal dekadente song, maar ek love dit. Dit het ‘n beroemde, swaar, lang percussion riff – en dan “Here comes Johnny… with the liquor and drugs...”
15. Carike Keuzenkamp – Feetjieland

My gunsteling kinderliedjie in die wereld, vir kinders van alle ouderdom - in arrested development, soos ek. Ek word 6 jaar oud wanneer ek hoor

Toe Rooikappie roep, kom die Boswagter gou
En met nare ou Wolf was dit klaar
Dit is alles waar – dis is alles daar
Want dis in Feetjieland, waar alle kinders heerlik rond kan dwaal
En as hulle hierdie storietjies kan hoor, dan word hul weggetoor
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek
Daar ver in Feetjieland


16. The Trammps – Disco Inferno

Wie sou wil dans op die woorde Burn Baby Burn

Miljoene mense blykbaar, insluitende John Travolta (die song kom uit Saturday Night Fever) en bestaan in baie weergawes – insl. Tina Turner en Cindy Lauper. Dis ‘n lekker song.

Dit het my altyd verstom dat mense dans op songs oor hartseer en pyn en hartelik saamsing. Dis soos hipnose - asof die brein heeltemal ge-bypass word. Maar dan – is dit nie die punt van die hele ding nie, die beswering (soos die ou mense gese het) van hartseer deur musiek.

17. Jay-z – On To the Next One

Skitterende ripping sample van die dreunende woorde

“on to the next one on to the next one on to the next one on to the next one”.

Dis daai ou tema van Dr Faustus, is absolute zero cold enough (Roger Waters) – daars nooit tyd om die rose te ruik nie, want dis on to the next one. Niks is ooit lekker genoeg by stil te staan nie. Die monster van consume en excrete.

18. Elvis Costello – (What’s So Funny About) Peace, Love and Understanding?

Damn waar wat Elvis Costello sing – as alles so ‘n joke is, en niks maak sin nie, en niks belangriker is enige iets anders is nie, waarom dan nie maar Peace, Love and Understanding nie?

19. Charley Pride - Roll on Mississipi

Toe ek ‘n kind was, was daar ‘n Peter Stuyvesant ad wat in flieks gewys het van ‘n groep ryk jong couples op ‘n ou riverboat. Wie kan so iets onthou? Ek sal dit nooit vergeet nie. Dis die defining song van jy jong kinderdae.

Roll on Mississipi, you make me feel like a child again.

20. Des en Dawn Lindbergh – Die Gezoem van die Bye

Hierdie song is die ultimate expression van Vryheid met 'n hoofletter V, ‘n hobo wat drentel en droom van 'n land

As he strolled along he sang a song
Of land of milk and honey
Where a bum can stay for many a day
And not need any money


In Afrikaans

Langs ‘n groen doringboom sit ‘n kerel en droom
Sy gedagtes hoog in die takke
En hy droom van 'n plaas sonder 'n enkele baas
Waar 'n man werk hande in die sake.


My ringtone.