Sondag, April 19, 2009

Don't Look Now


Wat is horror?

Die flieks in ons tyd het ‘n verskriklike vermeerdering van “torture pornography”, die plesier in pyn en vrees – soos die “Saw” en “Hostel” gemors, dit staan die helfde van videowinkel rakke vol.

Ek dink die filmmakers voel braaf wanneer hulle iets het om mee “verder te gaan” en die fans voel braaf dat hulle hul oe kon oophou daarvoor.

Ek onthou die Biskop in “Sin City” vra v Mickey Rourke ‘Will killing me give you satisfaction?", waarna Mickey Rourke antwoord: "Not the killing, everything that comes before". Everything that comes before – die torture – is die lekker deel, nie die doodmaak nie.

“Don’t Look Now” is ‘n ou movie, gemaak in 1973 deur Nic Roeg.

Dit word gereken ‘n horror movie, een van die beroemdstes – maar ‘n horror movie van ‘n ander soort: ‘n fliek wat jou hart wil breek deur ‘n enkele oomblik, 'n enkele image. Horror soos toe Kathleen Turner haar man se hand van haar skouer stoot, as haar laaste lewensdaad, in die “War of the Roses”, of Spike Lee die Pizzeria afbrand in “Do the Right Thing”.

Dit begin met die terrible verdrinking van Donald Sutherland en Julie Christie se dogtertjie in ‘n dam in Engeland, en Sutherland se verskriklike gil wanneer hy haar uit die water lig.

Daarna vind alles plaas in die stad Venesiee, waar Sutherland werk aan die restourasie van ‘n Kerk.

Terwyl hulle daar is word Julie Christie deur twee freaky ou susters oortuig dat hulle die spook van haar dooie dogtertjie kan sien.

Die horror in “Don’t Look Now” is not the killing, not everything that comes before - but everything that comes after.

Die “setup” is die uitstekende spel tussen Sutherland en Christie, die bitter-soet verhouding tussen die pa en ma wat deal met die dood van hul kind en mekaar probeer ondersteun en ondersteuning soek.

Die “payoff” - uiteindelik verloor die twee mekaar in die doolhowe van Venesiee. Sutherland sien ‘n figuur in ‘n rooi jassie, presies soos sy dogtertjie op die dag van haar dood. Sonder dat hy homself kan keer begin hy die misterieuse vorm te volg, al weet hy dat dit nie moontlik sy dogter kan wees nie,

En met groot voorbode probeer Julie Christie betyds by hom uitkom, sy weet dat wat wag vir hulle daar in die donkerte nie lekker gaan wees nie, maar dis haar roeping om daardie oomblik met haar man te deel.

Horror is die onverklaarbare noodlot.

Dinsdag, April 14, 2009

Cyrano de Bergerac

My vrou het hierdie naweek vir my hierdie pragtige persent gegee – ‘n goedkoop ou tweedehandse paperpack van “Cyrano de Bergerac” - en ek het dit nou net weer gelees. Wat ‘n wonderlike drama, een wat – soos Don Quixote – ‘n oneindige hoeveelheid betekenis gee.
Ek dink so daaroor: As “Beauty and the Beast” die storie is van ‘n monster wat werk vir die soen wat hom weer in ‘n prins sal laat verander, is “Cyrano de Bergerac” die storie van ‘n monster wat die meisie se soen vrees bo alle dinge - omdat hy daarna nogsteeds die monster sal wees.

Cyrano is die man met die lang neus en die dapper siel - die moed, die “wit” en die grand persoonlikheid wat die woord “panache” die wereld in gelaat het.

Hy koester ‘n geheime liefde vir die meisie Roxanne, wat op haar beurt verlief is op Christiaan, die mooiste man in die dorp.

Cyrano help Christiaan om haar te wen met sy woorde en briewe. Daar is ‘n beroemde center-piece toneel waar Cyrano in die donkerte onder Roxanne se venster by Christiaan oorneem, sy hart uitstort en hoor hoedat sy toegee. Aan die einde daarvan se hy, in triomf

What is death like, I wonder?
I know everything else now . . .
Wonderlike toneel

Dis hoofsaaklik komedie en burlesque, en baie effektiewe komedie, maar verander na Christiaan se dood en die stil jarelange vriendskap daarna tussen Cyrano en Roxanne (wat nou tussen die nonne woon). Beide eerbieding die nagedagte van Christiaan, Roxanne weet steeds niks, tot die dag dat ‘n sluipmoodaanval op Cyrano hom noodlottig wond.

Met sy laaste krag keer hy terug vir sy weeklikse besoek aan Roxanne en vra of hy Christiaan se laaste brief mag lees.

Sy vriende vertel hom dat Moliere sy idees gesteel het - hy maak dit af.

Met die lees van Christiaan se brief (wat hy self geskryf het), besef Roxanne vir die eerste keer alles, maar te laat.

En dan, die klimaks voor sy dood

Yes that has been my life. . . .
Do you remember that night Christian spoke
Under your window ? It was always so !
While I stood in the darkness underneath,
Others climbed up to win the applause, and the kiss !
Well that seems only justice: I still say,
Even now, on the threshold of my tomb
"Moliere has genius, Christian had good looks"

Sondag, April 05, 2009

From Hell

Baie mense glo dat “King Lear” Shakespeare se grootste werk is omdat dit niks van die bo-natuurlike bevat nie. Geen spoke (Hamlet) of hekse (Macbeth) nie. Net mense.

In dieselfde gees is “From Hell”, ‘n comic deur Alan Moore, van Watchmen, V for Vendetta, Top 10 ens fame. Dis ‘n geweldige lang lees, amper 600 bladsy (en vir die wat dink comics gaan gou, make no mistake, jy lees jou gat af).

Die hele ding is ontwerp en gelewer as streng tradisionele swart potlood tekeninge.

Dit gaan oor die reeks moorde in London 1888 wat die koerante destyds aan “Jack the Ripper” toegeskryf het. En daar is geen superheroes en superpowers nie.

Daar is ook - in die woorde van die twee ou manne wat 40 jaar later na die “Ripper” se graf stap - “geen hurry” nie.

Alles verloop baie stadig, terwyl Moore die storie ontwikkel a la Stanley Kubrick.

Die werklike Ripper het tussen 5 – 10 vrouens (afhangende van wie vertel) se kele gesny, geslag en verskeie binne-organe verwyder – en is nooit gevang nie.

Moore se Ripper word van die begin af gewys, as kind, as student, as moordenaar, word gevang, erken alles en word vrygelaat sonder enige straf. Hoe so?

Hy was Sir William Gull, haar majesteit Queen Victoria se persoonlike dokter – en het dit alles gedoen om die koningin van ‘n skandaal te beskerm: ‘n royal baba is in die slums gebore (haar halfwit kleinseun was die pa) en vier prostitute het probeer om die paleis af te pers.

Dit was alles ‘n sameswering.

Maar waarom die besondere brutaliteit.

Gull het ‘n rympie gesing

“If I were a tailor I’d make it my pride the best of all tailors to be
And if I were a tinker, no tinker beside would mend an old kettle like me”

Moore wy een hele hoofstuk – Hoofstuk 10, The Best of all tailors – om die vyfde moord-ritueel in afgryslike detail te wys – 34 bladsye lank. Skielik verstaan die leser waarom die hele boek is growwe swart sketse gedoen is.

Queen Victoria kan tog nie hiervoor account nie.



Moore skep daarom ‘n verdere lang relaas oor Gull se hangups oor vroue, ens ens, maar dit is oud en moeg en unconvincing.

Die interresantste deel van hierdie boek is ‘n tema wat begin met ‘n vraag

“What is the 4th dimension?”

Sonder om enige aandag daarna te trek, teken die kunstenaars enkele rame (net voor, tydens en na die moorde) in ‘n eietydse konteks – ‘n hotelkamer met ‘n TV-stel, ‘n kantoor met rekenaars en laptops, ‘n skyscraper in 1888? onverklaarbaar vir die tyd en onversoenbaar met die styl van al die ander tekenings.

Uiteindelik word dit duidelik wat Moore probeer se – Jack the Ripper was nie net ‘n mens nie – dis ‘n strain in ons genes, ‘n al-om teenwoordige monster in alle tye en alle plekke en alle mense – die monster wat “geboorte gegee het aan die 20ste eeu” – ‘n dimensie van ons wese.

Geen superheroes, geen superpowers, maar ‘n visie van die mensdom.