Vrydag, Januarie 09, 2009

Middlemarch

Middlemarch is 'n lang, komplekse Viktoriaanse roman deur George Eliot - dit het my 'n lang tyd geneem om die draad van hierdie storie te verstaan.

Met terugblik: Na haar pa se dood vlug 'n meisie weg van haar ontsaglike ryk ma (vir redes wat nooit duidelik is nie). Die twee sien mekaar nooit weer nie, maar 'n "kerkman" bevriend die ma, troos en trou uiteindelik met haar.

Hy weet egter dat haar dogter nog lewe en waar sy is, maar hou dit geheim vir sy vrou vir die res van hul lewe saam - dis haar enigste kind, en hy vrees dat sy haar wil sal verander indien hulle weer bymekaarkom.

Met sy vrou se dood erf die man - Bulstrom - sy fortuin en gaan woon in die dorpie Middlemarch. Later, wanneer hy 'n sentrale figuur op die dorp is - die bankier - met vele afhanklikes, daag daar 'n ou hobo uit sy vorige lewe op in die dorpie, en dreig om 'n skandaal te veroorsaak.

Behalwe vir Bulstrom is daar 'n hele spul karakters - Dorothya en Lydgate - jongmense uit twee verskillende families en huwelike, elkeen met sy komplikasies wat uiteindelik alles verstrik raak.

Daar is die normale unrequited love story, maar die beste deel van hierdie ou roman is nie soseer die storielyn nie, maar om te sien hoedat Eliot werk om karakters en situasies van diepte en ambivalensie te bereik ten spyte van die benoude ou Viktoriaanse Engels wat uit hul monde vloei.

Die pa en seun wat bloedig baklei - waarna die seun sĂȘ "shake my hand father", en hulle dit doen sonder woorde. Die ou vrou wat na 'n lewe van luxury al haar juwele en accessories afhaal om die wereld te face in 'n eenvoudige rok en skoene, nadat sy hoor dat haar man ge-ruineer is.