Dinsdag, November 22, 2005

Downfall

Daar wys op die oomblik 'n fliek genaamd "Downfall" in teaters. Dit is 'n herskepping van die laaste paar dae van die Derde Reich, van binne Hitler sy bunker onder Berlyn. Dis 'n Duitse produksie, Duitse akteurs, in Duits met Engelse onderskrifte.

Die storie begin en eindig met die (werklike) stem van Hitler se sekretaresse, nou jare oud, wat die hele ding oorleef het en daaroor terugdink.

Die fliek het redelik aandag gekry as sou dit die uitbeelding van Hitler moderniseer - en ek het nogal gedink dat Bruno Ganz in die rol heel interressant was.

Hitler bly 'n raaisel, onmoontlik vir filmmakers om vat aan te kry - al wat "Downfall" in effek wys is sy daaglikse briefings met die generalestaf, wat elke keer met nuwe hoop begin en eindig met die Fuhrer wat crack oor die verslegtende situasie (niks verrassend daaraan nie). Bra min interaksie met ander mense word gewys, of enigstens ge-konsipieer; "Downfall" skep geen oomblik waarin ons Hitler se derms kan sien nie, sy houvas oor mense.

Die bekendste, sensasionele gebeurtenis in die bunker was Magda Goebbels se vergiftiging van haar ses kinders, en die fliek melk hierdie ding vir al wat dit werd is - die kinders se vrolike gesing en speel in die gange, tee met "Oom Hitler", hulle tarting van die donderslae daar-bo, veilig in die gevoel "dat niks met hulle kan gebeur nie".

Die mees korribale oomblik is wanneer Me Goebbels haar oudste dogter se mond oopforseer, en die kind vergeefs skree "Pappa!!" - en dan is dit alles oor.

Maandag, November 14, 2005

Die Biskop

Iemand het my nou die dag oor Chekhov gevra. My eerste gedagte was "Die Biskop!".

Ten spyte van sy beroemde dramas is dit hierdie kragtige kortverhaal van Chekhov wat my bybly en die diepste geroer het.

Dit gaan eenvoudig oor 'n peasant moeder wat haar seun, nou 'n biskop, gaan besoek wanneer sy hoor dat nie met hom goedgaan nie.

Maar die twee vind geen aanknoping, geen woorde, geen verwysing nie. Die lewe van haar seun - 'n vooraanstaande, belangrike man - is vir haar vreesaanjaend, sy kry nie haar mond oopgemaak nie. Sy voel dom en skaam in sy geselskap, min wetende dat alles wat vir haar so belangrik lyk vir hom so onbelangrik geword het.

Dag na dag bly sy in die kombuis en help met die kos terwyl sy sien hoedat die dokters en handlangers rondom die slegterwordende biskop rondskarrel.

En dan uiteindelik, op sy laaste, wanneer die vrees vir persoonlikheid bedaar, gaan sy na hom

Seeing his wrinkled face and his big eyes, she was frightened, she fell on her knees by the bed and began kissing his face, his shoulders, his hands. And to her, too, it seemed that he was thinner, weaker, and more insignificant than anyone, and now she forgot that he was a bishop, and kissed him as though he were a child very near and very dear to her.

"Pavlusha, darling," she said; "my own, my darling son! . . . Why are you like this? Pavlusha, answer me!"

By now he could not utter a word, he could understand nothing, and he imagined he was a simple ordinary man, that he was walking quickly, cheerfully through the fields, tapping with his stick, while above him was the open sky bathed in sunshine, and that he was free now as a bird and could go where he liked!

Na sy begrafnis word sy opvolger aangestel, die lewe gaan aan, die moeder keer terug na haar familie - het sy regtig 'n seun gehad wat 'n biskop was? Hoe ouer sy word, hoe minder glo mense haar.

Sondag, November 13, 2005

A Moon for the Misbegotten

Ek het pas hierdie play deur Eugene O'Neill gelees - my eerste.

Die hart daarvan is Josie - 'n obese oorgewig meisie met 'n kragtige persoonlikheid. Sy verlei mans kompulsief na haar bed, maar verongeluk alles elke keer net voor seks, omdat sy diep in haar siel nie kan glo dat dit nooit kan werk nie. Deur haar slim manipulasie van die situasie skep sy 'n valse reputasie as 'n gigelo van soorte (geen man wil erken dat hy a) vir haar geval en dan b) deur haar verwerp is nie).

Die drama is 'n streng klassieke een plek, een tyd, twee mense op 'n slag, aaneenlopende verhaal: Josie se groot groot gamble - 'n date, laat in die nag in die pragtige maanlig, met die een man op wie sy werklik verlief is.

O'Neill skep 'n horde spelgeleenthede vir die twee lovers - Josie en Tyrone - terwyl hulle hierdie hartseer beerdans om mekaar maak, en met elke tree nader word die stakes al hoe hoër.
Die skrywer en die karakters word eerliker en duideliker en bereik 'nonverduidelikbare intimiteit wat Josie die volgende oggend vir haar pa probeer vasvang

"A miracle. A virgin who bears a dead child in the night, and the dawn finds
her still a virgin"

Geen smugness daarmee.
Wens ek kan dit sien op die planke.

Maandag, November 07, 2005

V for Vendetta



Remember, remember, the 5th of November,
The Gunpowder treason and plot,
I know of no reason
Why the Gunpowder treason
Should ever be forgot

Dis 400 jaar gelede, hierdie naweek, sedert Engeland se “Gunpowder Plot”. ‘n Groep Katolieke het die Britse parlement, met koning James I en al, so amper-amper opgeblaas met 2.5 ton buskruit in ‘n kelder direk onder die House of Lords.

Daarmee saam sou ‘n klein hoeveelheid Katolieke MPs gesterf het; een van die samesweerders het besluit om hulle te waarsku; die polisie is in kennis gestel en ‘n eerstydste soldaat en plofkundige (Guy Fawkes) is in die kelder betrap; vir drie dae lank gemartel; sy makkers verraai en vroeg in 1606 is hulle almal gehang, geslag en hul liggaamsdele vir die publiek uitgestal.

Verskeie herskeppings en eksperimente het intussen bewys dat Fawkes se voorbereiding van die kelder beslis sou gewerk het – almal in die Parlement, insluitende die koning, sou gesterf het.

In 1981-88 het Alan Moore en David Lloyd Guy Fawkes laat herleef in die comic boek “V for Vendetta”. Dit speel af in ‘n Fascistiese Engeland van die toekoms (1997!), oppad na die 400ste herdenking van die Gunpowder Plot.

Die land word beheer deur die “Leader” en sy rekenaar “Fate”, almal groet mekaar met die woorde “England Prevails”, CCVT en die nasionale PA stelsel is in elke huis en straat van die land, “minderhede” – swartmense, Moslems, homos etc - is reeds deur konsentrasiekampe van kant gemaak, die staat se organe word lettelik genoem – The Ear, The Eye, The Mouth, ens.

En dan verskyn ‘n anargistiese terroris wat homself “V” noem, in die kostuum, cone-hoed en masker van Guy Fawkes, en begin ‘n eenman oorlog, met plofstof teen die staat.

Moeilik om nie te cheer vir V nie, ten spyte van sy ‘n snide, egoistiese, alwetende, aanslag, op die oog af net so wreed soos sy vyande. Hy red ‘n meisie – Evey – van die polisie, die “Fingers” en diep in sy wegkruipplek gee hy haar ‘n Phantom-of-the-Opera-agtige heropvoeding.

Evey het haar pa tien jaar tevore aan die konsentrasiekampe verloor, ons word bewus daarvan dat “V” ‘n mediese eksperiment in sel 5 van ‘n konsentrasiekamp was, dat hy ontsnap het – deurgaans terg-en-teister hy haar met die moontlikheid, dat hy, agter die masker, haar verlore vader is.

Die drie dele van die storie “Europe after the War”, “The Vicious Cabaret” en “The Land of Do-As-You-Please” word deurspek met die beeld van V se handskoen wat dominoes pak, oppad na die sy groot klimaks, die voltooiing van Guy Fawkes se werk, die vernietiging van die regering.

Daar is ‘n pragtige oomblik wanneer V die regering se CCTV stelsel opblaas, en daarmee saam oor die PA vir die volk “drie dae van vryheid en privaatheid” aankondig, drie dae waarin julle enige klein onbenullige dingetjie kan doen sonder dat iemand sal kyk