Maandag, Mei 30, 2005

Die Dobbelaar

Dostojevski was verslaaf aan dobbel, in werklikheid en in sy skryfwerk - die tema van dobbel, skuldmaak, wen en verloor is op elke bladsy van sy boeke.

"Die Dobbelaar" is 'n eenvoudige novelle, 'n groep Russe by 'n dobbel-resort in Duitsland, die entourage van 'n afgetrede, patetiese Russiese generaal. Almal wag in spanning vir nuus dat sy skatryk ma in Rusland gesterf het (en daardeur die fortuin wat hulle almal sal red). En dan daag die ou vrou op - 'n woedende, rolstoelgebonde inwalied wat uit spiteful-heid voor haar seun se neus met die familiefortuin begin dobbel, voordat sy sterf.

D se normale sado-masogistiese, onsuksesvolle menseverhoudings - sonder die groot katarsis van sy romans, maar baie snaaks en insiggewend.

Die groot metafoor wat my opgeval het was dit:

Die dobbelaar dobbel net vir ryk word heel aan die begin. Daarna, en vir die res van sy lewe, dobbel hy "om sy geld terug te wen". Die pyn wat hom aandryf, die verslawing, is die verslawing aan die verlede, aan dit wat hy gehad en verloor het en nie kan vergeet nie.

In die laaste toneel besoek 'n ryk ou kennis die verteller, teen daai tyd 'n bankrot-gedobbelde hobo wat hy opspoor in 'n dobbelsaal iewers in Europa. Hy bied hom 10,000 roubels aan om saam terug te keer na Rusland en sy lewe van vooraf te begin.

Na 'n oomblik sonder 'n antwoord bedink hy homself, hy haal 'n 10 rouble noot uit sy beursie, oorhandig dit en groet.

10 roubel of 10,000 roubel - wat's die verskil?

Sondag, Mei 29, 2005

Star Wars


Vyf jaar voor die oorspronklike "Star Wars" het George Lucas 'n movie gemaak met die titel "THX 1138". Die groot gimmick daarvan was 'n lang tronk deel waar die akteurs in wit klere voor 'n limbo van oneindige spierwit agtergrond beweeg het - geen agtergrond, in fact, asof hulle in nerensland in die lug hang, met net gesigte en hande uitmaakbaar teen die agtergrond.

Die oorspronkilike Star Wars het die force, die light sabres, 'n attitude van agressiewe nonsens, en 'n wereld "a long time ago in a galaxy far far away" gehad.

Ses movies, dertig jaar later, waar staan ons?

Dieselfde karakters, dieselfde force, dieselfde lightsabres, dieselfde attitude en dieselfde storie. Waarvoor dan nog 'n movie?

Wat elke keer verander is die agtergrond, die gallery van Arabiese tapyte.

Waar THX se agtergrond niks was, is Star Wars se agtergrond ALS - die hele produksie gaan in die weef van hierdie fantastiese maar stom, bot tapyte waarvoor dieselfde spaceopera oor en oor terugspeel.

Ek vind geen plesier, geen kuns, in hierdie ding van regisseurs om arbitrere werelde te skep nie. Van "Shark's Tale" tot "Lord of the Rings" tot "Star Wars", dis alles dieselfde ding: een groot rekenaar kostuumpartytjie, variasies op dieselfde tema.

Elke wereld is moeër as die vorige een; kom uitgeput op die skerm van al die moeite om "nuut" te wees en dan so vinnig "gebruik te word".

Sci-Fi se groot vermoë is die verwringing, die vergroting van ONS wereld, waaruit ons, as ons gelukkig is, 'n skrap van ons eie buitelyne kan sien.

Star Wars is 'n fantasie, of soos Lucas altyd sê, voor kritiek: relax, dis net 'n movie.

Hy's reg en hy's verkeerd. Waarop voel hy trots in Star Wars? Ek dink nie dis net die geld wat hy maak nie - Lucas het sy lewe gewy aan sy "THX klankstelsel", sy "Industrial Light and Magic" special-effects studio, aan die weef van hierdie tapyte.

Dit verstom my net hoe nonchalant, hoe onambisieus hy is oor sy "voorgrond". Daar is geen poging om enige iets nuuts tot sy epos te voeg nie: dieselfde Jedi Knights, plastiekdroids, wolgediertes, Natalie Portman = Carrie Fisher.

Dit voel in der waarheid asof hy 'n poging aanwend om Star Wars tot die verlede te beperk.

Slaan my dood.

Dinsdag, Mei 24, 2005

Civil Disobedience

In 1845-6, terwyl Henri Thoreau nog by Walden was, het Pres. James Polk van die VSA - uit frustrasie met 'n Mexikaanse regering wat aanhou weier het om grond aan hom te "verkoop" - die gebied van Texas geannekseer en met soldate beset tot by die Rio Grande rivier.

Dit het die sg Mexikaans-Amerikaanse oorlog veroorsaak. Die Mexikane het oorlog verklaar, die VSA het Mexiko ingeval, verslaan en 'n enorme stuk daarvan vir hulself gevat: alles wat vandag New Mexico, Utah, Nevada, Arizona, California, Texas, en Colorado is.

Hierdie skokkende vergryp deur sy "demokratiese" land het Thoreau gewalg, meer so omdat die Amerikaanse publiek nie geprotesteer het nie, maar eerder met gusto die proses van besetting en slawerny na die nuwe state begin het.

In protes het Thoreau homself "buite die staat" verklaar en geweier om verdere belasting daaraan te betaal. Die verblufte staatsamptenare het hom laat arresteer totdat 'n groep van sy vriende sy belasting namens hom betaal het.

Die hele episode het Thoreau tot 'n dieper insig gebring: dat regering deur "gewone mense" nie vertrou kan word om reg te laat geskied nie, net so min as regering deur konings; dat demokrasie per se nie genoeg is nie.

Hieruit het hy die opstel "Civil Disobedience" geskryf, 'n konsep wat in sy lewe op dowe ore geval het, maar soos almal vandag weet, deur Gandhi, Martin Luther King en baie ander tot vrug gebring is.

Hy pleit dat sy mede Amerikaners onmiddelik begin om die wette te breek wat teen hul gewete is, en nie wag tot die dag wanneer hul 'n meerderheid van een is nie.

"Cast your whole vote, not a strip of paper merely, but your whole influence. A minority is powerless while it conforms to the majority; it is not even a minority then; but it is irresistible when it clogs by its whole weight. If the alternative is to keep all just men in prison, or give up war and slavery, the State will not hesitate which to choose."

"...if it is of such a nature that it requires you to be the agent of injustice to another, then, I say, break the law. Let your life be a counter friction to stop the machine. What I have to do is to see, at any rate, that I do not lend myself to the wrong which I condemn."

"I was not born to be forced. I will breathe after my own fashion. Let us see who is the strongest. What force has a multitude? They only can force me who obey a higher law than I."

Sondag, Mei 22, 2005

Walden

"When I wrote the following pages, or rather the bulk of them, I lived alone, in the woods, a mile from any neighbor, in a house which I had built myself, on the shore of Walden Pond, in Concord, Massachusetts, and earned my living by the labor of my hands only. I lived there two years and two months. At present I am a sojourner in civilized life again."

So begin Henri-David Thoreau se 1854 boek "Walden". Dit beskryf sy groot eksperiment van 'n dekade vroeër: om alleen, sonder inkomste selfstandig te lewe, die natuur en die stilte te waardeer en tyd te maak vir diep refleksie.

"Walden" het een jaar voor Walt Whitman se "Leaves of Grass" verskyn. Beide boeke is vandag bakens van die Amerikaanse lettere, geesgenote in toon en inhoud, maar destyds twee klein blips in die oseaan.

Thoreau verduidelik die doel van sy verblyf aan die hand van 'n insident wat hy waargeneem het - 'n Indiaan wat geleer is om mandjies te vleg en dit daarna deur tot deur aan witmense te smous, sonder sukses.

Vir die Indiaan was die skep van die mandjies maklik en sinvol, maar wat onverstaanbaar gebly het is waarom hy dit aan ander mense moes verkoop: waarom hy ander mense moes oortuig dat hulle die mandjies benodig.

"I too had woven a kind of basket of a delicate texture, but I had not made it worth any one’s while to buy them. Yet not the less, in my case, did I think it worth my while to weave them, and instead of studying how to make it worth men’s while to buy my baskets, I studied rather how to avoid the necessity of selling them."

En so het hy begin in Maart 1844, deur 'n byl by 'n plaaslike boer te leen en die bome een vir een te fel waaruit hy uiteindelik sy beskeie houthut gebou het. Op 4 Julie - Independence Day - het hy ingetrek.

"Walden" is 'n wonderlike mengsel van Thoreau se lewensrefleksies (die man wat later "Civil Disobedience" geskryf het, die manifesto wat Tolstoy, Gandhi en Martin Luther King Jr beïnvloed het) en 'n eenvoudige beskrywing van sy lewe in hierdie tyd.

Die groentetuin waarvan hy gelewe het: bone, rog en aartappels; die bessies van die woud; die meer waaruit hy gedrink het (water was sy enigste vloeistof), dieselfde meer waarin hy gebad, klere gewas en geswem het.

Die kuns van broodbak uit rog; die geluide van die woud, die voëls en die diere, die bars van ys op die meer, die veraf fluit van 'n trein oppad na die naaste dorp (die wereld bestaan nog); sy lang daaglikse staproetes en gedagtes.

"This is a delicious evening, when the whole body is one sense, and imbibes delight through every pore. I go and come with a strange liberty in Nature, a part of herself. As I walk along the stony shore of the pond in my shirt-sleeves, though it is cool as well as cloudy and windy, and I see nothing special to attract me, all the elements are unusually congenial to me. The bullfrogs trump to usher in the night, and the note of the whip-poor-will is borne on the rippling wind from over the water."

Thoreau het aanvanklik gejag en visgevang, maar die Walden tydperk het hom van vleis laat afsien vir praktiese redes: die groot moeite, wreedheid, stank en gemors waarmee dit gepaard gegaan het:

"Having been my own butcher and scullion and cook, as well as the gentleman for whom the dishes were served up, I can speak from an unusually complete experience. The practical objection to animal food in my case was its uncleanness; and besides, when I had caught and cleaned and cooked and eaten my fish, they seemed not to have fed me essentially. It was insignificant and unnecessary, and cost more than it came to. A little bread or a few potatoes would have done as well, with less trouble and filth."

Met die aankomende winter begin Thoreau met groot moeite 'n binneshuise kaggel van klip bou, daarna dae van hout bymekaarmaak, die eerste sneeu, die stadige vries van die meer [aanvanklik deurskynend, sodat hy dae lank op sy maag na die bodem van die meer lê en kyk], die loeiende winterwinde buite, hyself, sy boeke en sy vuur binne.

Die boek bereik sy mees liriese toon met die stadige uitbreek van lente deur die loop van April/Mei. Die klein voelertjies van lewe wat oral spruit.

"You see some innocent fair shoots preparing to burst from his gnarled rind and try another year’s life, tender and fresh as the youngest plant. Even he has entered into the joy of his Lord. Why the jailer does not leave open his prison doors — why the judge does not dismis his case — why the preacher does not dismiss his congregation! It is because they do not obey the hint which God gives them, nor accept the pardon which he freely offers to all."

Aan die einde praat hy oor wat die tydperk vir hom beteken het:

"I learned this, at least, by my experiment: that if one advances confidently in the direction of his dreams, and endeavors to live the life which he has imagined, he will meet with a success unexpected in common hours. He will put some things behind, will pass an invisible boundary; new, universal, and more liberal laws will begin to establish themselves around and within him; or the old laws be expanded, and interpreted in his favor in a more liberal sense, and he will live with the license of a higher order of beings. In proportion as he simplifies his life, the laws of the universe will appear less complex, and solitude will not be solitude, nor poverty poverty, nor weakness weakness. If you have built castles in the air, your work need not be lost; that is where they should be. Now put the foundations under them."

[Oorspronkik geplaas 22 Mei 2005]

Dinsdag, Mei 17, 2005

Notes from the Underground

Dostojevski se "Herinnerings uit 'n donker kelder" word in Engels gedruk as "Notes from the Underground".

Dis 'n klassieke tragiese fragment wat die twintigste eeu een van sy basiese dramatiese situasies gegee het. “Notes” het al in 'n menigde aangepaste vorms verskyn: van die Martin Scorsese/Nick Nolte bydrae tot die portmentau fliek "New York Stories", tot Pieter Fourie/Marius Weyers se eenmanvertoning "Die man daar onder", en ‘n menigde ander.

Dostojevski se naamlose held is 'n man wat in sy eie woorde veertig jaar in "'n kelder" woon - in selfveragting, in swakheid, in vrees vir ander mense, sonder vriendskap of verhoudings.

Die drang om homself op een of ander manier te laat geld word elke dag sterker, maar hy kry geen uitlaat daarvoor nie.

Uiteindelik nooi hy homself na 'n reunie van skoolvriende, 'n gehate groepie uit sy verlede, met die doel om respek af te dwing - hetsy deur vriendskap of deur wraak.

Die aand loop skeef in 'n snaakse, verleende manier – hulle val uit, hy begin ‘n string beledigings wat op dooie ore val, sy skoolvriende ignoreer hom asof hy nie bestaan nie.

Halfpad deur die aand staan hulle op en gaan saam na ‘n hoerhuis toe; hy piekkel agterna – sy score is nognie gesettle nie. By die hoerhuis betaal hy ingang om hulle te soek, maar pass uiteindelik uit in die gang, na ‘n lang dag van drank en emosie.

In die middel van die nag word hy wakker met ‘n hoer in die bed langs hom. Nou half sober, half dronk, half deurmekaar oor waar hy is, begin hy met haar gesels. Haar naam is Lisa.

Hy vertel haar van die horribale gesig wat hy gesien het: ‘n kis wat deur mans uit ‘n kelder gedra is – ‘n ou vrou wat daar in die donker gesterf het; weg van die son en die wereld. Stadig maar seker werk hy hom op en voorspel dat dit HAAR lot sal wees: die jeug wat vinnig sal verbygaan, siekte sal kom, dat niemand meer na haar sal wil kyk nie, dat sy plek sal moet maak vir die gesondes, dat sy onder in die kelder sal eindig en daar sterf and almal goddankbaar bly sal wees.

Iewers in die nag versag sy hart, hy gee vir haar sy adres en nooi haar om te kom kuier.

**

Die volgende dag kom die nabetragting. Die hele vorige dag voel soos ‘n droom – sy skoolvriende is vergete, sy enigste berou is die !@#$% adres wat hy vir die hoer gegee het.

In sy gedagtes sien hy dat sy gaan kom, sy naam en sy laaste bietjie eerbaarheid sal ruineer, bedel vir geld, afpersing ens ens.

In sy kop berei hy ‘n toespraak en ‘n string beledigings vir haar voor – as sy dit ooit sou waag – om seker te maak dat dit nie ‘n tweede keer sal gebeur nie.

En ‘n paar weke later gebeur alles net soos wat hy gedink het – Lisa daag by sy huis op en, angstig om die regte boodskap tuis te bring, skreeu en verjaag hy haar terwyl sy nog op sy voorstoep staan.

Sy verstaan sy vrees. En daarom, onverwags, halfpad deur sy tirade, stap sy in stilte na hom toe, gee hom ‘n druk, hou hom vas vir ‘n oomblik, draai om en loop weg sonder om ‘n woord te sê.

Die oomblik van kontak – die eerste in sy lewe – laat hom stom, maar hy sukkel te lank om tot verhaal te kom, en wanneer hy haar terugroep is sy weg.

Woensdag, Mei 11, 2005

Der Ring des Nibelungen

Richard Wagner het twintig jaar lank aan 'n dramatisering van die Duitse saga "Die Nibelungenlied" gewerk.

Eers die libretto, wat hy "Gotterdammerung" (Godeskemering) genoem het. Met die voltooing van die teks het hy besluit dat Gotterdammerung 'n inleidende werk nodig het, en begin werk aan "Siegfried", wat vinnig 'n volle lengte opera geword het. Al wat gekort het, het hy gevoel, is 'n inleiding vir "Siegfried", en so is die "Walkure" gebore, en uiteindelik "Das Rheingold" (die inleiding van die Walkure).

Die hele teks saam was uiteindelik "drie operas met 'n vooraand" wat hy "Der Ring des Nibelungen" genoem het. Wagner het die libretto in agterstevoor volgorde geskryf en toe aan die musiek begin werk. In die middel van "Siegfried" het hy eers 'n breek gevat en musiekwereld vir altyd verander met "Tristan und Isolde" en "Die Meistersinger von Nurnberg". Daarna is die Ring voltooi, die artistieke taak van 'n leeftyd.

Das Rheingold, Die Walkure, Siegfried en Gotterdammerung.

Die Ring was altyd veronderstel om 'n groot storie te wees: Koning Ludwig van Bavaria het 'n spesiale teater daarvoor laat bou - die Festspielhaus in die dorpie Bayreuth, waar die volle Ring vir die eerste keer in 1876 op die planke was. Dis geweldig lank: tipese opvoerings is gemiddeld 14-16 uur, oor vier dae. By Bayreuth word elke bedryf [al die Wagner operas het 3 bedrywe] met 'n een uur pouse onderbreek waartydens die gehoor vir 'n stap in die woud of vir ete kan gaan.

Die oorkoepelende storie gaan oor die val van die wereld van Gode (vandaar Godeskemering) en die koms van 'n nuwe era (van mense).

Die hele calamity word veroorsaak deur die tarting van 'n lelike dwergie deur drie meerminne in die Rynrivier. Hulle spot en por hom aan om die goud uit die bodem van die rivier te probeer steel (Das Rheingold) maar skrik hulle dood wanneer hy dit uiteindelik regkry. Die Goud se vloek is dat die draer altyd ongelukkig sal wees, maar die dwergie sien elkgeval geen kans vir geluk vir homself nie.

Van daardie oomblik begin die Rynrivier se watervlak styg, 'n proses wat net kan eindig met die terugkeer van die Goud.

Maar die Gode steel die Goud by die klein dwergie om twee reuse te betaal vir die bou van hul groot kasteel - Valhalla.

Een reus vermoor die ander en verander in 'n draak wat vir die res van sy lewe net sy Goud bewaar.

Uiteindelik word die baba Siegfried gebore uit 'n bitter, gedoemde, broer/suster passie (Siegmund/Sieglinde). Sieglinde word deur Brunnhilde, 'n Walkure (meisie op 'n vlieënde perd wat dooie helde na Valhalla neem) beskerm totdat sy geboorte aan die baba kan gee, maar as straf word sy in 'n sirkel van vuur vasgevang.

Die baba Siegfried word op sy beurt ontdek en grootgemaak deur die oorspronklike dwergie Mime, die een wat die Ryngoud gesteel het. Hy sien in Siegfried die kans om sy Goud terug te kry. Siegfried maak inderdaad die draak dood, maar wanneer die dooie dier se bloed op sy lippe kom bereik hy skielik 'n dieper insig, die woudvoëls se fluite word stemme wat hom waarsku dat Mime hom wil vergiftig. Hy vermoor sy aangenome pa, en bevry Brunnhilde uit haar vuurtoring, ten spyte van die Gode se beste poging om te keer.

Nou het ons die "Siegfried idyll" - die kort oomblik van geluk en liefde tussen Siegfried en Brunnhilde.

Maar Siegfried is rusteloos, moet reis en word uiteindelik ge-trick om Brunnhilde te verraai: onder die invloed van towerdrank ontvoer hy haar as bruid vir 'n local koning (hy herken haar nie meer nie).

En dan, voor 'n groep jagters, vertel Siegfried sy lewensverhaal. Wanneer hy vertel hoedat hy die draak vermoor het, bied Hagen (die bad-guy wat hom ge-drug het) vir hom 'n drankie aan. Dit bring sy geheue weer terug - hy onthou die woudvoëls, hoedat hy Brunnhilde gered het, die Siegfried idyll - maar voordat hy ten volle begryp wat aangaan, skreeu Hagen "VERRAAD!" en steek Siegfried dood.

Die hele ding eindig met die uitbranding van Siegfried se liggaam deur die Brunnhilde en die hele gemeenskap, terwyl die Rynrivier, ongesiens, sy walle begin oorstroom en 'n vloed begin wat die hele beskawing vernietig.

Maandag, Mei 09, 2005

Botterbal

Tydens die Frans-Pruissiese oorlog van 1870 verlaat drie ryk sakemanne (met hul eggenote) 'n dorpie in Frankryk onder toestemming van die Duitse besettingsleer.

Hulle is op die oog af oppad na die stad Dieppe, om hul dorpie se voorrade te herstel. In die geheim beplan al drie dieselfde ding: om van Dieppe te boot na Engeland te vlug.

Die passasiers in die koetsrit bring hulle vir die eerste keer in kontak met hul mede landgenote uit ander klasse, insluitende 'n ou, oorgewig, afgetrede courtesan/prostituut met die wrede bynaam - Boule de suif - Botterbal.

Die enigste gemeenskaplike gesprek is die oorlog en die gehate Duitsers.

Wanneer hulle die eerste aand oornag in die volgende dorp word Botterbal deur die plaaslike Duitse offisier ontbied. Sy weier aanvanklik, maar bedink haarself wanneer sy die vrees op die ander passasiers se gesigte sien.

Binnekort is sy in trane terug maar wil niks vertel nie. Almal lei af dat sy haar dienste aan die Duitser geweier het, troos en simpatiseer intens en wonder van vooraf tot watter dieptes die veragtende Duitsers sal daal.

Dit alles verander met een slag wanneer die groep die volgende oggend deur die hotelier inkennis gestel word dat hulle verdere reis uitgestel word tot tyd en wyl Me Botterbal heroorweeg.

In die dae wat kom, en met elke verdere weiering deur Botterbal, vergroot die kloof tussen haar en die ander passasiers.

Uiteindelik begin die ryk vroue onderling hul mans te waarsku dat die Duitser se geduld sal opraak en hy moontlik sy plesier by een van hulle sal soek.

Die mans nader die Duitser en bied aan dat hy Botterbal alleen agterhou en hulle laat gaan. Sy antwoord is eenvoudig: nee, julle almal bly.

Hierna sweer die reisigers 'n komplot om 'n verandering in Botterbal te insinueer. Hulle gesels saans oor die vroue Saints wie se sondes deur God vergewe is wanneer hul dade vir die regte doel gedoen het. Selflose vroue wat hulself opgeoffer het vir andere.

Botterbal luister in stilte, sy praat niks meer nie.

Teen hierdie tyd kan niemand haar meer uitstaan nie: die hoer wat haarself "airs" gee en almal in gevaar stel.

Die volgende dag, wanneer die groep vir 'n stap deur die dorp gaan, stap een van die mans saam met haar heel agter en konfronteer haar uiteindelik direk: sy stel lewens in gevaar deur "net aan haarself" te dink, hoe lank gaan sy hiermee voortgaan? Totdat iemand gesterf het?

Botterbal knik haar kop maar sê niks.

Die volgende oggend staan hulle koets en perde ingespan, tot almal se intense verligting.

Die reis kan voortgaan, almal klim in, Botterbal heel laaste. Die passassiers hanteer haar soos iemand wat groot onreg aan hulle gedoen het; hul gesels nie meer met haar nie (wat is daar om te sê), sien haar nie meer raak nie.

Halfpad deur die oggend begin sy saggies te huil. Die een man fluister vir sy vrou: "Botterbal huil". Sy vrou antwoord: "Sy huil oor haar skande".

[9 Mei 2005]

Sondag, Mei 08, 2005

Friedrich Nietzsche, 1844-1900

Die ou Duitse filosoof Immanual Kant het ‘n ding geformuleer wat hy die “kategoriese imperatief” genoem het. Hoge woorde, maar dit was gewoon net ‘n toets wat almal kon gebruik om te besluit of wat-jy-op-daardie-oomblik-doen reg of verkeerd is. Die toets is: As almal op aarde toegelaat word om dieselfde ding te doen, of op dieselfde manier te handel, sou die resultaat wenslik wees? Kant het geglo dat alle moraliteit uit die kategoriese imperatief afgelei kon word, en meeste mense stem instinktief saam.

Nietzsche se kop het heeltemal anders gewerk. Behalwe dat ons almal soos mekaar lyk, is die mensdom nie ‘n eenheid in enige opsig nie, het hy gesê – ons deel geen gemeenskaplike doel nie, ons het geen gemeenskaplike ma en pa nie, waarom sou ons almal op dieselfde manier geoordeel word?

As Kant se reel gevolg sou word sou ons elke keer geëindig het met wat hy noem “slawemoraliteit” - altruisme. Voor jy aan jouself dink, dink aan ander mense, dink aan die gemeenskap, dink aan die aardbol.

Dis oraait vir meeste mense meeste van die tyd, maar hy wou vir ‘n deel van die mensdom die teenoorgestelde voorstel: “meestermoraliteit” – ‘n lewe met wilskrag en kreatiwiteit as die hoogste waardes. Vir Nietzsche gaan die lewe oor skepping. En skepping kom net uit jouself en uit wilskrag. Dit is onmoontlik vir die altruis om te skep vir ander – “jy kan net swanger wees met jou EIE baba”. Slawemoraliteit het vir Nietzsche die einde van hoop beteken: die einde van kuns en wetenskap, geen verdere ontdekking, maak vrede met die hede en sterf.

Voor jy aan ander mense dink, DINK EERS AAN JOUSELF. Word ‘n mens: hy wat nie glo in homself, lieg! Liefde en opoffering kom uit die “oorstroming” van jouself.

Nietzsche het geglo dat die era van GOD uiteindelik verby was en het op elke moontlike manier vir mense probeer sê: GOD IS DOOD, HOERA!, julle is vry, alles op aarde is moontlik!

Maar eers moes die mens van tweeduisend jaar se slawemoraliteit ontslae raak.

Die lewe is ‘n wilskrag vir ‘n lewensdoel BINNE JOUSELF. Godsdiens was ‘n paradigma waar JY geen wil het nie – “laat U WIL geskiet”. Geloof, sê Nietzsche, is die eeueoue substitiet vir wilskrag.

In sy latere werk gebruik Nietzsche die woord “dekadent” vir alles wat volgens hom “willoos” is. Christendom is die ergste vorm van dekadensie; hy het ‘n lewenslange tirade daarteen gevoer, eindigende in sy briljante boek “Die Anti-Chris”. Nietzsche skryf dat daar in die hele geskiedenis net een Christen was - en hy het gesterf aan die kruis. Sy opvolgers en die kerk het sy lewe onmiddelik ongedaan gemaak.

1) Christus het gekom om ons van sonde te verlos – maar moenie dink die Kerk het hom daarmee laat wegkom nie, inteendeel – ewe skielik is daar ‘n duiwel en ‘n hel as jy nie maak presies soos hulle sê nie!

2) Christus se hoop was, soos ‘n tweede Buddha, om die pad na innerlike vrede vir mense te wys: altruisme, non-resistance of evil, etc. Paules (die objek v Nietzsche se haat) vernietig dit alles met ‘n snertstorie van Jesus se “opstanding” en “wederkoms”, net sodat hy HOMSELF en sy kerk in die posisie van regters en mag kan skuif.

Nietzsche vergelyk die twee “dekadente” gelowe: Christendom en Boedhisme en sê uiteindelik: Boedhisme belowe niks (geen hemel, geen God wat jou bystaan) maar deliver als; Christendom belowe als en deliver niks.

In die “Genealogy of Morals” skryf hy oor die moontlike oorsprong van moraliteit en spekuleer dat daar iets kon gebeur het soos volg.

Uitruiling van goedere lei tot -> debiteure en krediteure, lei tot -> verpligtings aan jou medemens, lei tot -> verpligtings van kinders aan ouers, lei tot -> verpligtings van hierdie geslag aan die vorige geslag, lei tot -> verpligtings aan die verlede wat uiteindelik ‘n onaanraakbare “God” word.

Die pad vorentoe?

Nietzsche praat van ‘n groot oomblik wat kom, ‘n “tipping point” – ‘n oomblik van vorentoe kyk en terugkyk waar die mensdom sal besef dat God vir altyd verby is en net die “Supermens” voorlê – die mens wat volle verantwoordelikheid vir sy lewe neem.

In “Also Spracht Zarathustra” beskryf Zarathustra dit as drie fases van groei van mens na Supermens – die kameel, die leeu, die kind.

Die moraliteit van die kameel is die moraliteit van “swaardrae”. Van sin vind in suffering, die uitvoering en balansering van duisende jare se oorge-erfde verpligtings en kondisionering.

Die transformasie na die leeu gebeur wanneer die kameel uiteindelik besef dat DIT NIE SO HOEF TE WEES NIE en iets daaraan doen. Die leeu is die fase waarin laste, die moraliteit en die verlede verskeur en verwilder word.

En dan, siel-alleen, word ons herbore as kinders, met onskuld, waar ons die aarde om ons, die paaie en die moontlikhede vir die eerste keer sien.

Die leeu is die "heilige NEE!" en die kind is die "heilige JA!".

As ek alles in ‘n neutedop moes sit, is dit die hierdie quote uit die “Gay Science”.

What makes one heroic?
-Going out to meet at the same time one's highest suffering and one's highest hope.

In what do you believe?
-In this, that the weights of all things must be determined anew.

What does your conscience say?
-"You shall become the person you are."

Where are your greatest dangers?
-In pity.

What do you love in others?
-My hopes.

Whom do you call bad?
-Those who always want to put to shame.

What do you consider most humane?
-To spare someone shame.

What is the seal of liberation?
-No longer being ashamed in front of oneself.


[Mei 8, 2005]