Maandag, Februarie 28, 2005

Napoleon Dynamite

Moenie worry as "Napoleon Dynamite" geen klokkies lui nie - dis 'n obskure movie wat tans hier en daar wys - deur MTV Movies gemaak & versprei - ek neem aan deur "jong grootmense" vir "jong grootmense".

Voor ek lostrek hierop, moet ek darem ter versagting sê dat ons woon in die jaar 2005 in 'n wereld waar alles al geproe en probeer is. Wat bly oor om te doen vir die young adults?

Napoleon Dynamite is die naam van 'n jong "slacker" op skool iewers in plaas-Amerika. Die fliek is geskiet in "the beautiful state of Idaho", volgens die eindtitels.

Die poster-blurb sê: "He's out to prove he's got nothing to prove".

Amerika se patetiese skoolnerds was al baie keer in die movies, maar nie soos hier nie. Die idee is blykbaar hier om die heelal te beperk tot die nerd se klein benoude mikroskopiese wereldjie - en dan te hoop dat ons die integriteit van sy lewe gaan sien. En hoekom nie?

Oi, maar dit is 'n inspanning om hierdie leë, geslote, bot spesies mense te volg soos hulle in hul sirkeltjies loop terwyl die regisseur probeer om ons aan die giggel te kry oor dit alles.

Ek was skoon uitgeput.

Niks fout met die spel en die musiek en die res nie. Was die hele ding maar net nie so totale waste of time nie.

Daar is darem mos 'n ander wereld daarbuite.

Woensdag, Februarie 23, 2005

The Divine Comedy


"Nine times already since my birth the heaven of light had almost revolved to the self-same point when my mind’s glorious lady first appeared to my eyes, she who was called by many Beatrice"

Toe hy nege jaar oud was het die seuntjie Dante Alighieri 'n meisie ontmoet met die naam Beatrice Portinari. Wat tussen hulle gebeur het weet niemand - hulle het mekaar net een of twee keer gesien en toe nooit weer nie.

Beatrice was Dante se lewensobsessie - al sy gedigte was aan haar opgedra - alhoewel hy nooit die moed bymekaar kon maak om haar weer te nader nie.

Van 'n afstand het hy gekyk hoedat sy verloof word, trou met 'n ander man, en op die ouderdom van twintig sterf en begrawe is.

Die terugslag - dat Beatrice nie meer saam met hom op aarde was nie - het Dante ontroosbaar gelaat. Vyftien jaar later het hy in desperasie gaan sit en geskryf

Midway along the journey of our life
I woke to find myself in a dark wood,
For I had wandered off from the straight path

Dit was die eerste woorde van die "Divine Comedy"

Dit was Donderdag, 17 April 1300 - die dag voor Goeie Vrydag.

Dante word wakker in 'n donker woud en word weggedryf van die uitgang eers deur 'n leeu, dan deur 'n luiperd, dan deur 'n wolf. Uiteindelik ontmoet hy die ou Latynse digter Vergillius, wat beloof om vir hom die "lang pad uit" te wys.

Die lang pad uit is baie lank inderdaad: hulle sak af deur 'n tonnel in die grond en stap deur die sirkels van hel - 'n groot holte onder die aardkors wat soos 'n tregter dieper en dieper word, in kleinerwordende terasse. In elke sirkel word sondaars van 'n ander soort op grusame wyse gestraf. Reg in die middel van die aarde, in die laagste punt v hel, sit die Duiwel homself - met drie koppe - en kou die drie ergste sondaars van alle tye (raai wie?).

Daarna volg 'n tonnel oor die Duiwel se heupe verder af deur die aarde totdat dit tot aan die ander kant van die aardbol weer uitkom - op 'n eiland in die see. Op die eiland staan 'n berg - Mount Purgatory. Van alle kante bring bote die siele van die dooies na die eiland, waarna hulle die berg begin klim. Die berg is soos 'n onderstebo roomys cone met 'n pad was soos 'n kurktrekker al in die rondte opwaarts reik en verdwyn in die wolke in.

Aan die voet van die berg merk 'n engel elke mens se voorkop, en algaande hulle vorder teen die berg op word die merke deur ander engele afgevee - soos die siel vergoed vir sy sondes en skoner word.

Heel bo op Mount Purgatory is 'n tuin - die tuin v Eden - dieselfde tuin waarin Adam en Eva gewoon en deur God uitgesmyt is, met die boom van kennis van goed en kwaad.

In die tuin brand 'n vuur.

Vergillius bring vir Dante deur dit alles, en stop by die vuur.

Van hier af moet hy alleen deurstap - aan die ander kant is die hemel. As jou siel skoon genoeg is, sal jy oorleef, andersins sal jy sterf.

Dante stap deur en aan die anderkant wag sy geliefde Beatrice vir hom. Sy neem hom aan die hand en styg saam met hom op deur die atmosfeer - na die hemele.

Die hemel is die planete wat draai om die aarde - die Maan, Mars, die Son. In die verste eindes van die hemel kyk hulle terug - Beatrice vra vir Dante om die Aarde uit te wys, hy kan nie - en besef hoe nietig ons is.

Uiteindelik is hulle in die "swart" - geen lig, geen klank, geen beweging - niks. En dan vou daar iets oop uit die niks - soos 'n wit roos - en vorm 'n "reenboog van reenboë".

Beatrice stop en wys vir Dante: die laaste 100 treë na God stap elkeen alleen.

Maandag, Februarie 21, 2005

Sideways

Vyf en dertig jaar terug het die jong Jack Nicholson sy paraplegiese pa in 'n rolstoel die veld in gestoot en daar, met niemand wat kan sien en niemand wat kan antwoord nie, het hy sy hart vir 'n oomblik oopgemaak en begin huil.

Die fliek was "Five Easy Pieces", dit bly, soos Nicholson goed weet, sy heel merkwaardigste werk as 'n akteur. Ten spyte van hordes prestige projekte moes hy dertig jaar wag vir nog so 'n geleendheid, toe hy die kans in "About Schmidt" gekry het.

Teen hierdie tyd het 'n leeftyd se slegte gewoontes sy toneelspel verhard tot die punt waar hy maar soos die mummy oor die doek waggel - en tog het hy weer iets "vir homself" reggekry.

Dit was die storie van 'n afgetrede ou man wat geleidelik besef dat sy lewe op 'n nulpunt gaan eindig - wanneer hy in die laaste toneel 'n brief van 'n non in Tanzanië kry wat hom bedank vir sy borgskap van 'n klein seuntjie daar, en die lewensverskil wat hy gemaak het. Saam met die brief stuur sy 'n prent wat die seun vir hom geteken het.

In "Election" hop Rheese Witherspoon van pure vreugde tweebeen op en af in die skoolgang wanneer sy hoor dat sy verkies is, en huil daarna haarself in 'n koma as die uitslag anders is.

Dis haar eie hoogtepunt in haar kort loopbaan se vêr - ek vermoed dat sy ook dertig jaar kan wag voordat sy weer so 'n kans gaan kry.

En nou kom Alexander Payne se derde movie "Sideways". Die twee onbekende hoofakteurs - Paul Giamatti en Thomas Hayden Church - moes waarskynlik 30 jaar elk wag vir hulle kans. Miracles kan gebeur, selfs laat in jou lewe.

Hulle is twee buddies - 'n skoolonderwyser en ex akteur - wat op 'n wyntoer deur California reis in die week voor die een se troue.

'n Groot deel v Hollywood movies gaan oor filmstelle bou,die werklikheid omskep met alles wat in die pad is uitgehaal: die kragdrade, die kinders wat loer vd kamera, die vuilis op die straat - Aviator is 'n goeie voorbeeld.

Die lekkerste ding van Sideways is net dit: daar is geen stelle en niks is in die pad is nie.

Die twee manne ry deur die lawwe dorpies met hul kits-Europese boustyle, eet in die Wimpy, slaap in die Holiday Inn, vry na die oorgewig kelners - who cares...

Ja, daar is die movie sielkunde van "werk deur jou issues" en "face jou demone", maar baie halfhartig deurgewerk - Payne wil eerstens maar net sy gehoor laat bak in die sonskyn, sonder om enige groot punt te maak.

Lekker. Voel soos terug van 'n vakansie.

Vrydag, Februarie 18, 2005

Gilgamesh

Wereldbeskawing het tussen die Tigris en die Eufraat begin - maw vandag se Irak - so sê die teksboeke. Nou ja, ons sal sien of dit waar bly, algaande nuwe argeologiese ontdekkings oral gemaak word.

Intussen is dit so dat, wanneer die gordyn lig oor die mens se beskawing - die eerste, oudste tyd wat in skrif vasgelê is - vind ons allerande fragmente en stories oor 'n koning met die naam van Gilgamesh.

En dan, min of meer 4000 jaar terug, ontstaan 'n epos wat al die ouer fragmente ineen weef - waarskynlik deur 'n Babiloniese digter. Hierdie epos is vir eeue lank deur studente van die tyd op kleitafels gekopieër, as deel van hul standaard onderwys.

Vandag noem hulle dit "Die Epos van Gilgamesh" - die oudste lang storie wat op skrif behoue gebly het, 800 jaar ouer as die Ou Testament en meer as 'n 1000 jaar ouer as die Griekse Iliad en Odyssey. Die argeoloë wat hieraan werk glo dat hulle tot op hede omtrent 2500 van die 3000 lyne uit honderde verskillende kleitafels aanmekaar gesit het (ironies genoeg - hoofsaaklik uit Amerikaanse, Europese en Israeli universiteite - waar hierdie tafels deesdae is).

"Gilgamesh" is ontsettend interessant - deels omdat dit so oud is, maar ook as gevolg van die briljante storie en die groot tema - vrees vir die dood, wat so min deur die eeue verander het.

Ek sou dit graag wou vertel, maar ek wil mense aanmoedig om dit self te lees.

Gilgamesh is die tiran van 'n koningkryk genaamd Uruk, sy mense pleit by die Gode vir iemand wat hom kan vernietig. Die Gode skep Enkidu, maar die twee word vriende, eerder as vyande, en saam doen hulle heldedade wat die wereld verstom.

En dan eendag, wanneer hulle op die kruin van roem en sukses is, word Enkidu siek en sterf - nie in 'n heroiese geveg nie - maar in sy slaap, in sy bed.

Die dood van Enkidu is 'n enorme skok v Gilgamesh, wat sy heldedade los, sy koningkryk verlaat en die res van sy lewe wy aan die soeke na ontsterflikheid.

Van die res sal ek niks sê nie, behalwe dat dit uit en uit die moeite werd is. (Dit bevat, onder andere, 'n ouer weergawe v die Groot Vloed en die Ark)

Maandag, Februarie 14, 2005

Tao te Ching


Wanneer die Tao verlore is, is daar goedheid. 
Wanneer goedheid verlore is, is daar welwillendheid. 
Wanneer welwillendheid verlore is, is daar geregtigheid. 
Wanneer geregtigheid verlore is, is daar 'n ritueel. 
Ritueel is die dop van geloof en lojaliteit, die begin van verwarring.


Vir die wat soek na ernstige pitkos van die geestelike soort, maar nie kans sien v die Bybel of die Koran of die Vedas nie - probeer die "Klassiek van Tao". 'n Kort en maklike boek deur 'n Chinese figuur Lao-Tzu, vader van Taoisme, die oorsprong v Zen.

The way that can be described is not the unchanging Way. The name that can be named is not the unchanging Name.

Nameless, it is the origin of Heaven and Earth.
When Named, it gives birth to all things.

If you keep feeling a point that has been sharpened, it will soon be blunt.

Who can make the muddy water clear? Let it be still, and it gradually becomes clear. Who can secure the condition of rest? Let movement go on, and the condition of rest will gradually arise.

There was something undefined and complete, existing before Heaven and Earth. How still it was, and formless, standing alone, and undergoing no change, reaching everywhere without exhaustion.

The Great Square has no corners;
The Great Vessel is the slowest to make;
The Great Sound is silent;
The Great Image has no shape.

The Tao produced One;
One produced Two;
Two produced Three;
Three produced all things.

A journey of a thousand miles begins with a single step.

The wise man keeps his side of the bargain, but does not insist on the speedy fulfilment of it by the other.

Sondag, Februarie 13, 2005

The Aviator

As enige iemand anders as Scorsese hierdie movie gemaak het sou ek waarskynklik gedink het - alamagtig, uitstekend.

Maar komende van hom, kan ek nie help om die paadjie v Francis Coppola 20 jaar terug te sien nie - van "Godfather" na "Peggy Sue Got Married".

Daar was 'n tyd toe Scorsese (soos sy karakters) die kampioen v eensame, onderdrukte outcasts was (Taxi Driver, Raging Bull, King of Comedy), 'n man wat oorstroom het met 'n liefde vir akteurs en intense drama en geloof in sy eie eenvoudige visie van dinge.

Maar sukses het het hom verander. Ek onthou hoe hy na sy remake v "Cape Fear" as sy eerste "regte movie" (bedoelende, popcorn-en-Coke-movie) verwys het. Ai, jai, jai - het dit maar nooit gebeur nie.

Deesdae pluk hy al die vrugde v Hollywood sukses: groot produksies, groot sterre, baie geld, smart inkleding: mooi huise en motors en meubels en klere en gesigte. (Age of Innocence, Gangs of New York).

Almal se eerste keuse.

Die logika is: Great directors maak great epics, Scorsese is DIE great director, daarom, gee vir hom ons epic. Die probleem is dat baie great directors nie geskik v epics is nie, eerder v persoonlike miniatures.

Van die drama van ouds is daar bitter min oor. Alles lyk pragtig en vloei so glad soos seep oor die doek - maar wat help dit as die emosionele energie nie meer daar is nie? Die akteur-regisseur is nou 'n producer-regisseur, 'n vakman wat bly by die draaiboek en trek aan die obvious snare. Niks word gewaag wat die konsep en die boodskap kan vertroebel nie.

Cate Blanchette kom ten minste oor op doek soos 'n skepping van die verbeelding, maar die res van die produksie, Mr DiCapprio en al, speel in 'n duuuur TV biografie.

'n Kunstenaar skep insigte en oomblikke, 'n hack verskaf bestanddele - en Aviator is 'n movie v bestanddele: die bad guy, die lig kant en die donker kant, die Freudiaanse kindertrauma, die triomf oor stommerikke, die ingesleepte love interest....

Die hartseer is dat Scorsese, na 'n leeftyd van wag, waarskynlik sy eerste Oscar gaan kry, soos die laaste spyker in sy kis.

Maandag, Februarie 07, 2005

Dog Day Afternoon

Op 9 Sep 1971 het die gevangenes v die "Attica" tronk in New York ge-rebelleer en die tronk vir 'n paar dae oorgeneem, met verskye tronkbewaarders as gyselaars. Die rebelle het 'n paar dinge gevra: dat die tronkbaas vervang word, dat omstandighede verbeter word en dat hulleself uit Amerika kon vlieg (waarskynlik na Kuba).

Hul dringenste versoek was dat 'n neutrale observasiegroep die tronk moes binnekom om die omstandighede te sien en met die owerhede te onderhandel.

Wat werklik in Attica gebeur het is vandag nog - 30 jaar later - in dispuut. Op 13 Sep het die owerhede die tronk binnegestorm en 'n bloedbad begin waarin 40 mense gesterf en honderde beseer is. 10 gyselaars is dood - die storie hieroor het 'n paar keer verander - aanvanklik is gesê dat die rebelle hul keelaf gesny het, maar dit blyk uit latere getuienis moontlik dat al 10 deur die inkomende polisie doodgeskiet is. Een v die rebelleleiers het twintig jaar later 'n $12 miljoen uitbetaling gekry vir marteling deur die polisie nadat die rebellie gesmoor is.

Die gebeure in Attica het 'n vloedgolf soortgelyke opstande in tronke deur Amerika veroorsaak, en vroeg in 1972 het 'n bank-teller genaamd Sonny Wortzik, onder die invloed v Attica, besluit om 'n bank te beroof om geld bymekaar te maak vir sy lover se sex-change operasie. Hy en sy vennote het die bank binnegestorm net 'n paar minute voor sluitingstyd, en wat 5 minute moes geduur het, het uiteindelik "A Dog Day Afternoon" geword.

Sidney Lumet het die hele ding verfilm in 1975 (dit was Saterdagaand op TV) en dit bly mynsinsien sy, en Al Pacino se heel beste werk.

Een v die min movies wat spannend en snaaks en skrikwekkend is van die eerste tot die laaste oomblik, en terselfdertyd waar voel. Die akteurs - Charles Durning, John Gazale en Pacino is almal uitstekend. Hou dop daarvoor wanneer dit weer wys.

Woensdag, Februarie 02, 2005

Groundhog Day

Vandag is Groundhog Day (2 Feb) - vir al die wat Bill Murray en Andie McDowell se wonderlike komedie kan onthou (van die man wat dieselfde dag herleef todat hy dit regkry).

Vir die wat dit nognie gesien het nie: neem dit uit op video en geniet!

Dinsdag, Februarie 01, 2005

Greed

Gepraat v musiek in die movies - die koudste rillings wat ek ooit gekry het was in Erich v Stroheim se briljante 1924 silent movie "Greed".

Die video het geen klank van enige aard nie - behalwe in een toneel - die patetiese, hartseer oomblik wanneer Gibson Gowland sy meisie na die see neem en vir haar sy konsertina wys.

Wanneer sy vingers druk en begin speel hoor jy skielik, soos 'n magic sesde sintuig, "Nader aan U, O Heer".