Sondag, Januarie 30, 2005

Closer

Ek is een v daai ouens wat hou daarvan om te drentel en dagdroom met 'n Walkman. Ek droom al vir jare oor 'n fliek sonder woorde, met net die musiek van 'n opera saam met die beelde op die doek. Wanneer ek aankom by die werk met Götterdämmerung in my oorfone & almal om my sien praat en gesels, dan kom daar 'n snaakse gevoel oor my v totale alleenwees en totale eenwees.

Nou guess what: Mike Nichols is net so nerd soos ek - "Closer" is geskiet teen die agtergrond v Mozart se "Cosi fan tutti", v die mooiste musiek wat ooit geskryf is. Hoe kan dit anders as om te help om 'n heerlike droomgevoel aan die tonele te gee...

Die shananigans op die doek is 'n ander saak. Ek het aanvanklik gedink ons gaan 'n when-bad-things-happen-to-good-looking-people tipe movie sien. Ek was verkeerd. "Closer" is 'n stuk skryfwerk wat, soos die ou operas, uit arias vir vier prima-donnas bestaan.

Julia Roberts is Julia Roberts. Sy gee twee seine in movies uit 1) 'n Smile wat die wereld omboul en 2) 'n spits v haar oë saam met 'n diep inasem deur haar neus wat wys dat sy erg seergemaak is.

Hier hou sy net by nommer twee.

Jude Law is een v daai ouens wat mens op skerm moet "raaksien" - hy moet flits oor die doek sodat ons kan sê "WIE WAS DIT". Maar, wanneer die kameras eers op hom gaan stilstaan dan verdwyn die mystery en is daar, ek is bevrees, net vanilla roomys.

Clive Owen is die groot wenner v "Closer" - hy het die juicieste rol v die een ou met 'n hardklop wat eerlik probeer wees met homself en die res. En hy kom met baie charisma oor, anders as die res.

Natalie Portman weet nie eintlik wat om v die absurditeite v haar rol te maak nie.

Elkeen kry 'n oomblik vir sy acting-chops, kry seer, maak seer, kry 'n line en 'n laaste groot buiging voor die gehoor.

Mmm - nie waarvoor ek gehoop het nie.

Vrydag, Januarie 28, 2005

Sky Captain and the World of Tomorrow

'n Movie wat in my estimasie gestyg het (vanaf notch 0 na notch 1) terwyl ek sit en kyk het grootliks omdat daar uiteindelik 'n lekker oortuigende storie ontwikkel het wat die hele crazy onderneming werd was.

Die probleem is die afwesigheid van menselewe - stemme en voetgangers en hot-dog stands - daar was mos darem al mense op aarde in 1930, of hoe? Die bietjie ekstras wat ons sien is almal in uniform - polisiemanne en monnike en soldate met helms wat netsowel robotte kon gewees het.

En tussen die paar mense met actual gesigte en stemme tel menswarm - NOT! Gwyneth Paltrow met haar whiny stem en haar acting repetoire v oë rol en sulk.

En Jude Law - wat is dit met die ou? Smile 'n bietjie, skrik 'n bietjie, lag 'n bietjie, act 'n bietjie ....

Andersins - die inkleding was great, die storie het ek baie geniet. Die regie was hopeloos onseker en desperaat - dit voel asof die regisseur net wou seker maak ons verstaan dis 'n comic book - en daarna sou ons hom alles vergewe.

Maar, soos my ouma sou sê: dit was iets anders.

En ons het altyd mense nodig wat iets anders probeer.

Donderdag, Januarie 27, 2005

The Charterhouse of Parma

Ek het Stendhal se boek "Scarlet and Black" as skoolkind gelees en was so oorgeboul dat ek besluit het dat dit (saam met die Brothers Karamazov en Sewe Dae by die Silbersteins) die greatste boeke op aarde was. Dit was baie jare terug en ek kan maar min daarvan onthou - maar die gevoel bly steeds staan, net omdat ek die oorweldigende emosionele effek op my onthou.

Dit het my twintig jaar en 'n leeftyd van ander dinge geneem om by Stendhal se "ander boek" - The Charterhouse of Parma - uit te kom.

Hierdie een speel af in die stad v Parma, vandag in Italië (a la Parmalat en Parmesan kaas) en volg die avonture v Fabrizio del Dongo, 'n jong, onskuldige idialis wat veg vir Napoleon in Waterloo en daarna sy lewe lank vlug en wegkruip en homself as "iemand anders" probeer herskep. En natuurlik: die sexy tante wat hom beskerm teen die wereld en die mooi meisies wat hy net nie kan weerstaan nie...

Groot verwagtings, maar ek is bevrees dat weerlig nie twee keer vir my gestrike het nie. Die probleem is die paradoks van baie ou boeke van daai tyd wat die holheid van die hofintriges wil wys, maar terselfdertyd ons met honderde bladsye daarvan probeer vermaak.

Charterhouse ('n Charterhouse is 'n Klooster) is in die trant van ek-het-al-alles-gesien-en-niks-kan my-beindruk-nie - geskryf om te skok. Die eerste 2/3, tot en met Fabrizio se aanhouding in die kerker is nogal spanningsvol, maar daarna wil die knoop nie ontknoop nie en die storie hou net aan om die deckchairs op die Titanic rond te skuif totdat ek later heeltemal vergeet het hoe ons hier beland het en waar ons begin het: 'n maelstroom van intriges en intriges.

"But there is perhaps only one kind of business which is done to perfection in small despotic courts, namely the custody of political prisoners"

Sondag, Januarie 23, 2005

The Hustler

Daar was iewers gistraand 'n program oor Tom Cruise. Toe ek die poster v die "Color of Money" sien, het ek skielik teruggedink aan "The Hustler" (die voorganger v "Color"), een v my all time great movies.

Die verskil wat 'n groot oomblik maak - beide movies is baie goed gemaak, en terwyl "Color" dit regkry om onder jy vel in te kruip en te "sting like a bitch" (soos Tom se karakter sê), het dit net nie 'n oomblik wat vergelyk met die "Hustler" se laaste toneel nie.

Paul Newman is "Fast Eddie" en Jackie Gleason is "Minnisota Fats", twee poolspelende hustlers. Fats is die kampioen, maar reeds onder die beheer van 'n bookie ('n uitstekende George C Scott) wat die uitkoms van sy games bepaal. "Fast Eddie" is die nuwe ou op die blok wat droom oor die Big Time.

Die fliek manoeuver natuuurlik die twee spelers in 'n game teen mekaar aan die einde - maar teen hierdie tyd was daar al soveer hustling dat dit moeilik is om te weet waarna jy kyk - twee kampioene of twee pionne, wie is die regte wenner en wie is die regte verloorder?

Wanneer die uitkoms teen die opgestelde fix gaan word Newman deur uitsmyters uitgegooi en gewaarsku om nooit weer sy voete in 'n pool-hall te sit nie.

In die laaste oomblik kyk hy terug deur die deur, na die wereld wat nou vir hom verlore is, en skreeu:

"Fatman - you shoot a GREAT GAME OF POOL !"

en daarna stap hy weg in die niet.

Vrydag, Januarie 21, 2005

The Sleeper Awakes

Hoe's dit vir 'n fantasie:

Twee vreemdelinge loop mekaar op die strand raak - een kan al vir jare lank nie slaap nie en sit na die see en staar. Die ander vreemdeling stop en gesels en wanneer hy die arme man se kondisie sien neem hy hom na sy huis. Terwyl hulle kuier en gesels lê die insomniak terug en raak uiteindelik aan die slaap. Vir 'n lang tyd slaap hy, terwyl sy vriend hom versorg.

Jare gaan verby.

Wanneer sy vriend uiteindelik sterf bemaak hy sy fortuin aan die slapende man se versorging, en dan doen ander mense dieselfde - totdat dit 'n tradisie vir eensame mense deur die wereld word om alles vir die wonderbaarlike slaper te los.

En so, tweehonderd jaar later, met sy liggaam op openbare vertoon, maak die slaper sy oë oop: die rykste, magtigste mens & die bekendste gesig in die wereld.

Klink lekker?

Hierdie is my sesde HG Wells boek in 'n ry - en waarskynlik die liggewigste van die klomp. 'n Baie goeie opbou maar daarna is Wells se obsessie met vlieg & vliegtuie in alles se pad. Interresant hoedat hy - 'n honderd jaar terug, voor die eerste vliegtuig gevlieg het - duidelik gesien het dat die wereld regeer sou word deur die een wat die lugruim sou beheer (vra die Irakies & die Serbiers).

Baie mooi slotparagraaf.

Vrydag, Januarie 14, 2005

Leaves of Grass

Presies tien jaar terug het ek het in Exclusive Books gestaan en 'n klein digbundel opgetel: Walt Whitman - Leaves of Grass. Ek was intrigued omdat dit so dun was. Ek het die boek al tevore gesien en dit was altyd 'n groot vet affere. Die eerste woorde - "I celebrate myself, and what I assume you shall assume" - het ek al in samestellings gesien sonder om ooit verder te lees.

Ek het dit omgedraai en agter gelees dat hierdie die eerste - 1855 - uitgawe van die boek was, met net die oorspronklike gedigte in hul eerste vorm. Meer as die helfde van die boek was net een gedig - op daai stadium sonder 'n titel, maar uiteindelik sou hy dit "Song of Myself" noem.

Whitman het net een digbundel gepubliseer, maar tot sy dood toe aanhou gedigte byvoeg, totdat dit uiteindelik van 50 bladsye na 500 geswel het, waaronder baie bekendes - "O Captain, My Captain", "I sing the body electric", "Out of the cradle endlessly rocking".

Maar dit was daai eerste gedig - "Song of myself" - wat my persoonlike obsessie geword het. Na die eerste paar reels was dit vir my soos die poorte v die hemele wat oopgegaan het. Ek het dit gelees en gelees en weer gelees vir enige een wat wou luister, en toe, in 1996 op die KKNK rimpelfees dit vir 'n totale gehoor v 4 mense voorgedra.

Dit was tien jaar terug.

Ek wens ek kon sê dat dit my lewe verander het, maar dit het nie. Ek doen vandag nog min of meer dieselfde werk as toe, selfde vrese en drome - tien jaar ouer.

Ek het dit gistraand weer gelees.

Vir die wat belangstel - hier is dit.

Dinsdag, Januarie 11, 2005

The Day After Tomorrow

Ek het die anderdag saam met my seuntjie 'n paar waterbomme uit koerantpapier gevou. Ons het water ingetap en dit toe - SPLAT! - teen die muur gegooi. Met die impak het die papier gebars en 'n groot nat kol teen die muur gelaat. COOOOL !! Ons het die tweede en derde bomme gegooi, maar die lekkerte was vinnig weg - ons weet mos nou al immers hoe dit voel.

Wat is die impuls wat maak dat ons sulke goed doen? Ek dink dis die kind daarbinne wat wil sien wat gaan gebeur - klein duiweltjie - plain en simple.

Op dieselfde dag het ons gekyk na "The day after tomorrow", op DVD.

Die Amerikaanse somerprent is daardie kind in ons. En maak nie saak hoe oud jy word nie - die kind is nie dood nie. Hierdie keer gooi hy die swellende Atlantiese Oseaan teen die stad van New York. COOOL !! Anderdag is dit Eight Legged Freaks - spinnekoppe so groot van motorkarre, Godzilla wat geboue plattrap, of Aliens wat stede uitbrand, Terminators wat die aarde opblaas, 'n meteor wat vlieg na die aarde en naderkom en naderkom...

En wat wil ons sien: dis daai SPLAT! van die impak.

As jou waterbom $100 miljoen kos moet dit darem verpak word vir die okkasie met 'n storie en 'n rationaal, soos die lint en die toedraaipapier van 'n persent. Maar ai, dis wat binne-in is wat tel. Elke karakter word soos 'n driepoot kamera "in posisie in" manoeuver om ons 'n ander hoek van die SPLAT te wys - en dan weet jy: houvas, hier kom dit...

Vrydag, Januarie 07, 2005

Thaïs

Daar is 'n bekende konsertstukkie met harp & viool, van so 10min, wat baie keer op ligte klassieke musiek CD's voorkom. Dit word genoem die "Thaïs meditasie", uit die opera van Massenet. Hier's waaroor dit gaan:

Jare terug, in die 4de eeu AD, in Egipte, was daar 'n monnik wat besluit het dat hy (met die hulp van God) die wereld se voorste courtesan sal konfronteer en bekeer van haar sondes. Haar naam was Thaïs en syne Athanaël. Hy verlaat sy klooster en na 'n lang geteister slaag uiteindelik in sy doel: hy bekeer haar.

Na haar bekering besluit hy dat sy nooit weer veilig in die stad kan wees nie, die enigste manier om haar vir altyd te red is om haar na 'n nonnery te neem, ver in die woestyn. So lei hy haar op 'n reis na die klooster - die ergste moontlike orde vir vroue - waarna sy nooit in haar lewe weer 'n man sal sien nie.

By die hek van die klooster vra hy vir haar "Is jy gereed?".

Sy sê "Ek is gereed", en stap in.

En dan, wanneer die deure vir altyd agter haar toemaak, besef hy vir die eerste keer dat hy haar liefhet.

Donderdag, Januarie 06, 2005

Die Kersfeeskinders


Elke Kersfees spook CJ Langenhoven se oeroue storie by my.

Die Kersfeeskinders : dit klink soos 'n lekker Christmas-Carol Oukersaand verhaal - en dis net wat die wrede ou man wil hê. Met sy onskuldige neef-en-niggie styl lei hy jou in 'n bitter-hartseer strik.

'n Ou oom en 'n ou tannie lewe soos kluisenaars in die Kangovallei, sonder enige menslike kontak. Wanneer Kersfeesvader een nag deur die skoorsteen val is hy embarassed om te vind dat daar geen kinders in die huis is om voor persente te gee nie. In die volgende drie jaar bring hy elke Kersfees vir hulle 'n baba, en daarna drie geskenke vir die kinders: 'n boek, 'n viool en 'n kwas.

In die jare wat volg word die kinders drie besondere kunstenaars - 'n digter, 'n musiekant en 'n skilder - en transformeer die klein huisie .

En dan een Kersfees - 'n leë boek, leë bladmusiek en 'n leë doek met die woorde "In herinnering, vir mamma en pappa" onderaan geskryf.

Een jaar later, nadat hulle die boek en die bladmusiek en die doek gevul het, kom Kersfees weer, maar hierdie keer, vir die klein huisie, in groot vrees, nie in afwagting nie. En op Kersnag verloor hulle al drie kinders (spaar my die details) en dan bly die ou oom en tannie weer allen oor, soos aan die begin, met net die herinnerings.

Woensdag, Januarie 05, 2005

Wat is Kuns?

Iewers op sy oudag het die Russiese skrywer Leo Tolstoy saam met 'n vriend na 'n opera-repetiese gaan kyk. Terwyl hulle in die lee saal gesit het, het hulle gesien hoe die operagroep oefen.

Ses Turkse slawe met 'n prinses op hul skouers het van die sydeur ingestap gekom, gestop, en gesing: "Ons bring die prinses"

Vir die hele tyd terwyl hy daar gesit het, kon die geselskap nie verby hierdie punt kom nie. Eers was hulle te vroeg, dan te laat, dan te onelegant, dan het die prinses nie reg afgeklim nie, dan was die musiek se aanloop nie reg nie, dan was dit die kostuums, die grimering, die stemme nie in pas nie. So het hulle die hele dag gesit.

En skielik het hierdie toneel v Tolstoy 'n lewenslange vraag gekristalliseer:

Waarvoor al die sweet en sukkel en swaardrae? Wat is dit wat die regisseur dink hy gaan regkry? Sou die perfekte stappie die verhoog op, met die mooiste pluime en die regte swelling in die musiek vir die woorde "Ons bring die prinses" - sou dit ooit 'n spesiale evaring kon wees? Sou dit ooit kuns kon wees?

Wat is kuns?

Toe sy berugte boek "What is Art?" uiteindelik verskyn het, het hy met daardie herinnering begin. Na 'n loopbaan as die wereld se grootste skrywer, met die mooiste vrou, dertien kinders, 'n enorme landgoed en miljoene in die bank en nog 'n "Count" boonop, met niks meer oor om voor te wens nie, het Tolstoy 'n ernstige krises in sy lewe ondergaan.

Uiteindelik het hy besluit dat die hele korpus Westerse kuns die pot totaal misgesit het. Daar is geen kuns te vinde in die werk v Michelango, Shakespeare, Wagner en - you guessed it - Leo Tolstoy nie.

Hoe so? Alles spruit uit die verkeerde intensies, uit daai mistasting van wat kuns is. Tolstoy sê dat hy nie verder as bladsy een van boeke gelees kry nie, omdat die skrywer se ego en sy drang om te beindruk onmiddelik op die bladsy is. Ek sien hul intensie en daarna is die boek dood.

So wat de hêl is kuns dan?

Kuns is die poging van twee mense om mekaar te verstaan. Elke keer as jy 'n eerlike poging aanwend om vir iemand te vertel hoe hartseer jy is, hoe bly jy is, hoeveel jy verlang - en wanneer jy dit regkry: dan is daar kuns. Die res is als egos en snert.

Nou ja, was Tolstoy die klits kwyt? Ek het die boek 'n paar jaar terug gelees en gedink: ja ja, as dit maar so maklik was.

So 'n jaar terug het ek 'n versameling stories wat hy in daardie tyd van sy lewe geskryf het, gelees.

Die boek se naam is "Loop in die lig".

Al hierdie stories is kort, eenvoudig en swaargelaai met moraliteitslesse - die soort goed wat ek haat. Ek het dit gekoop op Amazon van 'n Christelike boek-uitgewer. Maar wat kan ek sê: dit is waarskynlik die beste boek wat ek ooit gelees het - sekerlik een wat ek na 'n woestyn eiland sal neem. Daar is 'n soort insig en skoonheid daaraan wat ek nerens anders ooit teegekom het nie.

So nou wonder ek - het die ou man iets verstaan wat hierdie wonderwerk moontlik gemaak het?

Dinsdag, Januarie 04, 2005

Tono Bungay

Elke keer as ek 'n Engelse celebrity sien wat 'n tough guy wil wees - Guy Ritchie, Vinnie Jones, Sid Vicious, Simon Cowell, wie ook al - respond my hart op dieselfde manier: as jy my wil impress meneer, laat ek hoor hoe jy daai Britse monarg op die rekord en by naam kritiseer. Mens sou sweer sy kap nog koppe af.

Stel jou nou voor hoeveel punte Wells se boek score: geskryf in 1905-8, op die zenith v die Empire waaroor die son nooit sak nie, alles nog in een stuk, kort voor WW 1 dit kom spoil het. En daar sit hy en sien dit duidelik - die sinloosheid van die hele kasarm.

"To others it may be a scene of achievement and construction radiant with hope. I too, have a sort of hope, but it is a remote hope, a hope that finds no promise in this Empire or in any of the great things of our time."

Maar waaroor gaan dit anyway, en wat is Tono Bungay?

Dis die storie van 'n arm, quack apteker wat 'n "opkikker" skep genaamd Tono Bungay waarmee hy uiteindelik een van die rykste manne in Engeland word. Wells maak geen bones daaroor dat dit alles net 'n vloek is nie. Sy verteller is, soos altyd, 'n jong wetenskaplike wat droom oor vliegtuie maar settle vir 'n gemaklike lewe waar hy sy oom help om hierdie nuttelose bottels die wereld deur te versprei.

Uiteindelik verkrummel die hele Empire finansieël en as die laaste gooi v die dice onderneem hulle 'n ekspidisie na die fabelagtige "Mordet Island" aan die kus v Wes Afrika, waar natuurlike radioaktiewe materiaal uit die grond gloei en alle lewe uitgewis is - daar vir die man met die moed dit te kom haal.

Met alles hierin belê, sink die boot oppad terug in die middel v die oseaan wanneer die gesteelde radioaktiewe vrag 'n lek in sy romp veroorsaak.

Daar is geen sprake hier van die perfek gesnyde storielyne van sy science fiction nie. Tono Bungay is iets totaal anders - 'n onverteerde metafoor, 'n rou, hartseer stem vir almal wat voel dat dat die son sak en hul lewenstaak nooit gebeur het nie.

"I have called it Tono-Bungay, but I had far better have called it Waste. I have told of childless Marion, of my childless aunt, of Beatrice wasted and wasteful and futile. What hope is there for a people whose women become fruitless? I think of all the energy I have given to vain things. I think of my industrious scheming with my uncle, of Crest Hill's vast cessation, of his resonant strenuous career. Ten thousand men have envied him and wished to live as he lived. It is all one spectacle of forces running to waste, of people who use and do not replace, the story of a country hectic with a wasting aimless fever of trade and money-making and pleasure-seeking."

Maandag, Januarie 03, 2005

Die Ondergang van die Tweede Wereld

Gepraat v science fiction, probeer bietjie hierdie storie deur ons eie Eugene Marais - so weird (en grusaam) soos hulle kom, maar 'n briljante konsep wat jou hare laat rys.

Die idee is dat lewe op aarde al 'n paar keer in tyd vernietig is - a la die dinosaurisse. Marais beskryf die "derde keer", in die vorm van 'n dagboek wat iewers in die toekoms in Suid-Afrika ontdek word.

Ons held is die enigste geletterde man in 'n klein dorpie iewers in die Bosveld, wat een maal 'n week die koerant per pos ontvang en vir die gemeenskap lees.

Een dag begin daar stories verskyn van die skielike, onverklaarbare daling v watervlakke in groot riviere reg deur die wereld. Terwyl almal slaap staan die verteller een nag op en verdwyn soos 'n spook die berg in, waar hy wegkruip by 'n watergrot wat net hy en die diere ken. Vandaar hou hy dop hoedat sy dorp se water opraak in die dae wat volg en al die mense uiteindelik verdwyn.

Wanneer dit baie maande later reen besluit hy uiteindelik om weer mense te gaan soek, net om te ontdek - stukkie vir stukkie - dat die hele mensdom intussen aan dors gesterf het.

Marais se verduideliking is dat 'n skeur in die aarde se kors - op die seebodem - 'n groot hoeveelheid oksidasie tussen die H2O en metaal uit die dieper mantel veroorsaak, waarna reuse dele v die oseane "verdwyn" en waterstof vrygestel word - 'n idee so tantalizing soos enige iets wat ek nog teegekom het.