Woensdag, September 15, 2004

Aeneid


Ek het uiteindelik klaargemaak met 'n boek wat ek as eerstejaar op Stb, gekoop het. Destyds was dit na aanleiding v Berlioz se opera, hierdie keer was dit om die storie v Troye verder te lees, na al die hartseer v die Iliad.

Dit was 'n prosa vertaling, soos die Iliad en Odyssey. Ek het hier en daar ook 'n versvertaling gelees v Gutenberg.com. Uit die versdele was my gevoel dadelik dat Virgil 'n werklike voorganger van Shakespeare was: hier is dieselfde kuns van welsprekendheid, kort frases vol insig, met 'n volgehoue ritmiese musikale gevoel.

Hoe sou dit wees om Shakespeare as Afrikaanse prosa te lees? So iets, seker. As verhaal is daar 'n pragtige hervertelling van die val v Troye en die tragedie v koningin Dido. Die tweede helfde is oorlog, oorwinning en voorspoed, en nie so compelling soos die eerste deel nie. Dis uit en uit 'n ripoff v die Iliad, maar nou-ja, dis hoekom ek dit gelees het.

Die tragedie in die Aeneid (die dood v Turnus en Dido) is nie naastenby so sterk soos in die Iliad nie - die hartseer hier is vir die groter saak: die totstandkoming v die Romeinse ryk.

My mooiste oomblik: Creusa, Aeneas se vrou, wat moed op gooi en ophou hardloop tydens die vlug uit Troye.

Troje, Troje, Troje. Die hartseer van 'n lang stryd en 'n kosbare verlies.

Woensdag, September 01, 2004

Iliad

Die Iliad word bederf deur die GROOT hoeveelheid oorlogskryf, wat maar baie boring lees vandag.

Maar daar is 'n skitterende intensiteit en die wonderlike omhulsel van Achilles en Agamemnon se rusie aan die begin en die dood van Hector aan die einde.

Oomblikke van groot visie: die finale hoofstuk waar Achilles en Priam saam huil, Priam oor sy seun en Achilles oor sy vader, is een van die groot groot oomblikke van ons lettere.

Die pragtige beskrywing van Achilles se skild, met alles wat mooi en sleg is op aarde, in die stilte tussen Patroklus se dood en Achilles wraak.

Hector wat skreeu "the Gods have called me to my death" wanneer hy op die finale oomblik deur Athene verraai word.

Oor alles hang die gevoel v Godeskemering en groot hartseer, van Troye se einde wat naderkom, onkeerbaar.

Dit voel snaaks om te dink dat die Iliad geen letterkunde of karakterontwilling het nie. Menelaus, Helen en Paris feature nie veel nie, en die belangrikste oomblikke: Achilles se dood en einde van Troye, word uitgelaat. Tog voel alles so reg en volledig.

"While Hector yet lived, and yet Achilles kept his wrath, and unsacked was the city of Priam the king, so long the great wall of the Achaians likewise abode steadfast. But when all the bravest of the Trojans died, and many of the Argives,--some were taken, and some were left,--and the city of Priam was sacked in the tenth year, and the Argives had gone back in their ships to their own dear country, then verily did Poseidon and Apollo take counsel to wash away the wall, bringing in the might of the rivers, of all that flow from the hills of Ida to the sea. Rhesos there was, and Heptaporos, and Karesos, and Rhodios, Grenikos, and Aisepos, and goodly Skamandros, and Simoeis, whereby many shields and helms fell in the dust, and the generation of men half divine; the mouths of all these waters did Phoebus Apollo turn together, and for nine days he drave their stream against the wall; and still Zeus rained unceasingly, that the quicker he might mingle the wall with the salt sea. And the Shaker of the earth, with his trident in his hands, was himself the leader, and sent forth into the waves all the foundations of beams and stones that the Achaians had laid with toil, and made all smooth by the strong current of the Hellespont, and covered again the great beach with sand, when he had swept away the wall, and turned the rivers back to flow in their channel, where of old they poured down their fair flow of water."